Boris (50) het onlangs die hoofopskrifte gehaal nadat hy en sy vrou, Lilly, aangekondig het hul paadjies gaan ná ’n huwelik van nege jaar skei.

Die tennisster, wat in ’n stadium sowat R474 miljoen sterk gestaan het, word nou gedwing om sy bekers op te veil om sy skuld te delg. Hy veil ook sy Renshaw Cup-trofee op wat hy as 17-jarige gewen het toe hy in 1985 die jongste manspeler geword het om Wimbledon te wen.

Die trofee se veilingprys begin by sowat R140 620, maar dit sal vermoedelik vir meer verkoop word, berig Daily Mail

How time flies ....#85 #wimbledon

A post shared by Boris Becker (@borisbeckerofficial) on

Volgens Daily Mail het die pa van vier sowat R1,76 miljard tydens sy suksesvolle tennisloopbaan laat inrol. Maar hy is sowat ’n jaar gelede bankrot verklaar nadat hy ’n onbekende bedrag geld aan ’n privaat bank geskuld het.

Back in action...Monday’s in London ! #hurlinghamclub #england????

A post shared by Boris Becker (@borisbeckerofficial) on

Boris kon glo nie sy skuld delg nie en sy prokureurs het by die hof gaan pleit vir nog ’n kans, maar sy pleidooi is verwerp. Sy finansiële verknorsing het ook ’n groot impak op sy huwelik gehad, berig Hello Magazine.

@laureussport #laureus18

A post shared by Boris Becker (@borisbeckerofficial) on

Hy sukkel glo reeds sedert 2015 om finansieel die mas op te kom. Toe kom die nuus onlangs dat hy en sy vrou, Lilly (41), ’n Nederlandse model, ná ’n huwelik van nege jaar besluit het om te skei.

Die nuus is deur hul prokureur, Christian-Oliver Moser, aan die publikasie Bild Newspaper bevestig. Lilly is Boris se tweede vrou. Hulle het ’n agtjarige seun, Amadeus. 

Winning #indianwells @bnpparibasopen #30yearsago @atpworldtour

A post shared by Boris Becker (@borisbeckerofficial) on

Talle trofees uit sy gloriedae gaan nou onder die hamer kom, onder meer ’n replika van die trofee wat hy in 1989 by die Amerikaanse Ope-tennistoernooi gewen het. Die aanlyn veiling oop op 28 Junie ten einde. 

It’s been a while ...#serveman #puma

A post shared by Boris Becker (@borisbeckerofficial) on

Boris het glo vir hulp gevra om die 14 trofeë wat hy tydens sy suksesvolle loopbaan gewen het op te spoor sodat hy dit kan verkoop. Volgens Daily Mail hoop hy om sowat R17 miljoen daarvoor te kry. 

Sy herehuis in Majorka, Spanje, wat verlate staan en glo tans deur plakkers bewoon word, is op ook op die mark vir sowat R158 miljoen. Dié spoghuis het hy in 1997 met sy eerste vrou, Barbara Feltus, gekoop. Hy probeer al byna ’n dekade lank om dit te verkoop. 

Die huis is byna in 2014 vir sowat R98,4 miljoen opgeveil nadat dit deur Majorkaanse owerhede verbeurd verklaar is omdat hy R5,4 miljoen aan ‘n plaaslike bouer geskuld het. 

Boris het verlede jaar nog gerugte oor sy bankrotskap ontken. Hy het toe gesê hy het genoeg sakegeleenthede om sy personeel betyds te betaal en soos normaal te lewe. Toe nie...

Bronne: Daily Mail, Hello Magazine