’n Bron na aan hom het aan US Weekly vertel die 54-jarige akteur is woedend vir Angie (43) oor sy hul kinders probeer gebruik om hom te beheer. 

“Brad is baie kwaad vir Agie oor sy hom deur hul kinders beheer. Hy sal enigiets doen om sy kinders te sien en hulle in sy lewe te hê,” sê ’n bron.

’n Regter het onlangs gelas die Hollywood-akteur moet toegelaat word om tyd saam met sy kinders deur te bring. 

“Dit is van kritieke belang dat elkeen van die Jolie-Pitt-kinders ’n gesonde en sterk verhouding met hul pa en ma het,” lui die hofdokumente.  

En as Angie nie die Fury-akteur toelaat om tyd saam met hul kinders te bestee nie, kan sy toesig oor hulle verloor. 

“Brad het deur dit alles toegeeflik opgetree; hy kon veel gouer hof toe gegaan het om die regter te vra om tussenbeide te tree.

“Hy was die gawe ou en het heeltyd vir die beste gehoop.

“Die regter kon Angie se kant gekies het, maar dit het nie gebeur nie. Die regter het 'n deurdagte en ingeligte besluit geneem dat die kinders nie in gevaar verkeer terwyl hulle by Brad is nie,” het die bron bygevoeg. 

Intussen het Angelina se verteenwoordiger verlede week ’n verklaring oor die uitgelekte hofdokumente uitgereik. 

“Die misleidende uitlekking is nie in die beste belang van die kinders nie. Van die begin af was Angelina net op hul gesondheid en behoeftes ingestel.

"Daarom was dit so belangrik dat die laaste hofverskyning privaat is,” het die woordvoerder gesê. 

Brad en Angelina is die ouers van ses kinders: Maddox (16), Pax (14), Zahara (13), Shiloh (11) en die tweeling, Vivienne en Knox (9). 

Maddox, Pax en Zahara is uit kinderhuise in Kambodja, Viëtnam en Ethiopië aangeneem, terwyl die ander drie die vervreemde egpaar se biologiese kinders is. 

Bronne: usweekly.comx17online.com, newidea.com, ibtimes.com