Óf op die plasie wat hy vroeër vanjaar naby Pretoria gekoop het óf by sy ouerhuis in Bloemfontein.

Een ding is seker: Hy gaan die dag saam met sy gesin en sy Jack Russell, Trompie, deurbring.

“Ons gaan vir seker braai of ’n lekker Kerspotjie maak.”

Sy vroegste herinnering aan Kersfees is van al die familie saam op sy grootouers se plaas by Frankfort in die Oos-Vrystaat.

Brendan het nie eintlik ’n Kersfees-tradisie wat vir hom onlangs uitgestaan het nie. “Die laaste paar jaar het ek maar gewoond daaraan geraak om by die huis te wees vir Kersfees nie, want ek was meestal op toer,” vertel die drukbesige 22-jarige sanger.

Vir Brendan gaan die dag oor “samesyn, liefde, vreugde en die geboorte van Jesus”.