“Ek was ’n ruk weg, en dit was eerlikwaar omdat ek nie na myself omgesien het nie. Ek het slegte raad gekry. Dit was ’n donker en hartseer tyd,” het die aktrise onlangs aan die tydskrif Red gesê.

“Dit het ’n punt bereik waar ek gevoel het asof ek langs myself sit terwyl ek aan ’n fliek werk, na myself kyk en my oë rol. En dink: ‘Ag, bly stil!’ en: ‘O, daar’s jy...Doen weer daardie ding wat jy altyd doen.’ ”

Renée (50) sê egter sy het iets uit dié moeilike tyd in haar lewe geleer. 

“Ek beskou dit nie as vermorste tyd nie, want ek het daaruit geleer. Ek het geleer oor perspektief. Om my verskillende gedragspatrone te herken.”

Sy het ook aan die glanstydskrif gesê sy beplan nie om binnekort weer so ’n lang blaaskans te vat nie. 

“Ek het nog nie een keer gedink ek sal nooit weer toneelspeel nie, want ek is versot daarop. Dis my saligheid. Ek waardeer dit nou op ’n ander manier, want ek het uitgepluis hoe om die vrede in my persoonlike lewe na my beroepslewe te bring.”

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, REDONLINE.CO.UK
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.