Die 82-jarige Boogie Nights-ster het onderwerpe aangeroer wat wissel van sy verhouding met Trump tot die mees “oorskatte” aktrise saam met wie hy gewerk het . . . 

Oor sy vriend Donald Trump  

Die Deliverance-ster is al verskeie dekades lank met die Amerikaanse president bevriend, maar nie beïndruk deur sy optrede in die amp nie. “Hy doen ’n paar goeie dinge, (maar) meestal volg hy sy instinkte, wat nie goed is nie.”

Oor die 007-rol wat hy nie vertolk het nie  

Burt erken hy het die kans van die hand gewys om die oorspronklike James Bond te speel – ’n rol wat Sean Connery toe gekry het – want hy het gevoel ’n Amerikaner moenie ’n Britse spioen speel nie. Op die vraag of hy spyt is oor sy besluit, antwoord hy: “Ja, ek is.” 

Oor wie hom in 'n rolprent oor sy lewe moet speel 

Hy antwoord dadelik George Clooney, maar voeg by: “Hy is nie heel­temal so aantreklik soos ek nie, maar hy het al die ander eienskappe.”

Oor watter fliek hy ongedaan sou maak as hy kon  

'Oorskatte' Kathleen Foto: Gallo Images/ Getty Images

“Switching Channels, die een wat ek saam met Kathleen Turner gemaak het. Die fliek was nie goed nie. En ek het nie met haar oor die weg gekom nie,” onthul hy voor hy die aktrise “oor­skat” noem.

Oor die liefde van sy lewe

Burt beweer Sally Field was sy groot liefde. Foto: Gallo Images/ Getty Images

“Ek sou sê Sally. Ja, Sally Field.” Bisar genoeg beweer hy ook hy was op Sally (71) verlief vandat sy sewe was. Dit is vreemd, want hy en Sally het mekaar eers in die 1970’s ontmoet op die stel van Smokey and the Bandit.