Hulle gaan op 2 Julie in Griekeland ewige trou aan mekaar beloof.

Soon to be Mrs VDB ?? @nef_val #love #life #laughter

A post shared by CAMERON VAN DER BURGH OIS (@cameronvdburgh) on

Cameron het verlede maand 'n foto gedeel en geskryf: "Hofpapiere," gevolg deur 'n regmerkie. "Op pad na die altaar in Griekeland. Enige voorstelle vir 'n liedjie waarop ons die dansbaan kan open?"

Die paartjie het onlangs hul trouplek in Griekeland besoek en volgens die stralende Nefeli se gesig is die plek asemrowend.

Cameron het op Instagram 'n foto gedeel waar sy in Griekeland oor ’n pragtige blomtuin en die turkoois see uitkyk.

Hy het in die sosiale media geskryf sy het breed geglimlag toe hulle hul trouplek vir die eerste keer sien.

Die paartjie het aan die einde van 2016 tydens ’n ski-vakansie in die Switserse Alpe verloof geraak.

Asof die blye nuus van hul opkomende troue nie genoeg is nie, het Cameron weer Suid-Afrika se naam hoog gehou. Hy was in April uit sy vel van vreugde nadat hy in Australië die Statebond-goud in die 50 m-borsslag gewen het. 

Op 25 Mei was daar nog 'n rede om te vier toe Cameron 30 jaar oud geword het.

Nefeli is nie net beeldskoon nie; sy is ook verlede jaar as ’n prokureur toegelaat. 

Ons raai sy gaan op hul troudag soos ’n Griekse godin lyk.

Cameron het verlede jaar op Instagram geskryf hulle gaan in Athene afhaak.

Ons kan skaars wag om die foto's te sien.