Die 29-jarige model het onlangs by die see uitgespan kort nadat sy die lewe geskenk het aan Ariel. Daily Mail het eksklusiewe foto's gedeel waar die ma van twee in ’n bikini op ’n strand in Brasilië baljaar. 

Volgens Daily Mail was haar oudste seun, Anacan, en haar ouers by haar. 

Maar sy het nie stilgebly toe mense nare opmerkings oor haar lyf maak nie. Candice het twee foto's op Instagram gedeel met kommentaar daarby. 

"Dit is ek, 12 dae nadat ek die lewe geskenk het aan my seun. As jy iets slegs daaroor te sê het, kyk eers na jouself. Die samelewing kan so wreed teenoor mekaar wees. Ek is glad nie skaam om my lyf ná my baba se geboorte te wys nie. Inteendeel, ek is trots daarop," laat Candice hoor. 

Sy het ook gesê sy het haar seun maande lank gedra en mag ’n magie hê. "Is dit omdat ek ’n model is? Wel, ons is ook normale mense. Laat my asseblief in vrede terwyl ek die strand geniet."

Foto: Instagram/CandiceSwanepoel

Sy het nog ’n foto geplaas, ook in ’n bikini, maar tydens haar swangerskap. 

"Ek hoef nie my maag weg te steek net omdat mense onrealistiese standaarde van vroue het nie. Ons skep lewe; wat kan jy doen? Vroue, ons is almal saam in dié ding. Wees gaaf met jouself," sluit sy af. 

Foto: Instagram/CandiceSwanepoel

Candice het die oulike foto van haar twee seuntjies op Instagram gedeel toe Ariel gebore is. 

"Dié is die kosbaarste geskenk wat die lewe my gegee het. Ek is ’n gelukkige vrou om hul ma te wees," skryf sy.

Anacan is 20 maande oud en is haar en haar Brasiliaanse verloofde, Hermann Nicoli, se eerste kleinding. 

2007- Before selfies existed. Happy Valentine's Day?? #velhostempos

A post shared by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Ekstra bron: Daily Mail