book-icon Uitgawe 9 April 2020

Casper de Vries is terug: Hy’t weer hare – en praat oor ‘burnout’

akkreditasie
Hier is van die ou en nuwe gesigte: (kloksgewys) 1. Die Sweedse Greta Donderberg. 2. Die mislukte sakeman Hanno Gelderblom. 3. Die oudvlugkelner Montelle Jansen van Rensburg. 4. Blertsie du Toit, die “diamantseun”. 5. Die Hollandse Greetje Appelmoes. 6. Oom Kallie Marie. 7. Gizelle Serfontein, nuusleser en nou pornoster en sekskenner. 8. Casper.

Die suidooster waai alles en almal uit­mekaar toe ’n swart BMW voor ’n hotel in die Kaapse middestad stilhou. Dis nog in die dae voor die ingrypings deur owerhede om die verspreiding van die coronavirus hok te slaan Suid-Afrikaners in hul huise ingeperk het, en vandag is die stad nog ’n gewoel.

Met die uitklimslag klou Casper de Vries (55) vir al wat hy werd is aan die rooi hoedjie wat hy vandag weer noodgedwonge op die kop het.

“Die wind gaan my hare afwaai,” spot die grapjas oor sy kapsel van egte menshare waarmee hy al byna ’n jaar spog. “Gelukkig het ek baie gom saamgebring.” En ook daardie hoedjie om sy hare – “ ’n nuwe batch” – teen die wind te beskerm.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees