“Ek is siek daarvoor om nederig te wees. Ek is regtig. ‘So jammer ek is ryk; so jammer ek het met ’n rolprentster getrou; so jammer ek lyk nie te sleg nie.’ Geen jammers meer nie. Dis nou genoeg,” het die 48-jarige aktrise aan die Britse nuuswebtuiste The Mirror gesê.

“Al wat nou vir my belangrik is, is my werk – dis waarvoor ek lief is. En die res van my lewe is ’n vreugde, want ek het twee pragtige kinders en ’n gesonde, gelukkige man. Dis alles goed en ek sal ook nie daaroor nederig wees nie.” 

Happy Thanksgiving from Bermuda!!

A post shared by Catherine Zeta-Jones (@catherinezetajones) on

Maar aanhangers wat Catherine se tirades ken, sou waarskynlik nie die woord “nederig” gebruik het om die Chicago-ster te beskryf nie.

In 2003 het sy verklaar: “ ’n Miljoen dollar is nie baie geld vir mense soos ons nie,” met verwysing na haar en haar man, Michael Douglas (73). En in 2009 het sy oor hul vele eiendomme gespog:

“Party mense versamel kuns. Ons versamel huise, want as ons na iets moet kyk, verkies ons die uitsig.”

Bronne: eonline.com, people.com