By pragfoto’s waar sy haar bababoep streel, vertel sy: “Ons pragtige kleine prinses weeg al 2,4kg en is reg op skedule! So dankbaar aan ons grote Hemelse Vader vir al Sy genade en seën. Vir iemand wat gebore is met spina bifida (’n geboorte afwyking waarin ’n ontwikkelende baba se ruggraat versuim om behoorlik te ontwikkel) is ek so verbaas om so ver al te kon kom het, dis ’n wonderwerk. Sy is my wonderwerk... Amper 35 weke! Kan nie wag nie…ons is klaar smoorverlief!” skryf sy opgewonde.

Charlize en haar man, Warren Linden, se dogtertjie gaan Aleiah-Rose heet.

Volgens Charlize (25) het sy nie juis van tevore oor haar geboorteafwyking gesels nie, maar sy vertel weld at dit ’n groot impak op haar lewe gehad het.

Dit tas onder meer jou bene, laerug en blaas aan.

Charlize sê sy is baie gelukkig om volle funksie en gevoel in haar bene te hê.

Die afwyking het egter wel haar maag en blaas aangetas weens senuwees wat beskadig is. Sy moes oor die jare verskeie dokters en neuroloë raadpleeg oor die toestand.

“My ma (Ilse) het my altyd as ’n normale kind hanteer en my toegelaat om alles te doen en te probeer wat ek wou,” vertel sy aan Huisgenoot. “Ek het atletiek gedoen en eendag toe steeds op skool was en ’n rugspesialis besoek, kon hy nie glo dat ek dit doen nie,” vertel Charlize.

Die sangeres was op hoërskool baie sportief en het onder meer aan die 100 meter en 200 meter aflos deelgeneem en ook netbal gespeel.

“Wat dit nou moeilik maak as ’n swanger vrou, is daar nou is nou ’n babatjie in jou maag so dit is redelik nogal moeilik, want sy druk nou op my blaas en derms wat ook al klaar half spasties is as gevolg van die senuwees wat beskadig is,” vertel Charlize aan ons.

Sy is tans op medikasie en het onlangs ’n neuroloog geraadpleeg oor die proses om ’n soort pasaangeër in haar laerug te kry . Dit sal hopelik haar situasie sal vergemaklik. 

“Dit het my nooit in my lewe terug gehou nie,” hou sy vol oor dié geboorteafwyking.

Charlize se kleinding sal na verwagting op 17 April gebore word.

Haar dogtertjie sal ’n week na haar 26ste verjaarsdag  en vier dae na haar en haar man, Warren, se eerste huweliksherdenking in die wêreld verwelkom word. Dit maak alles nog meer spesiaal vir die opgewonde paartjie. 

Sedert sy oor haar pad met spina bifida in die sosiale media gedeel het, het talle mense ook hul stories oor dié geboorteafwyking met haar gedeel.

Vir haar is dit ’n groot voorreg om ander te inspireer, vertel sy. “Ek is geweldig geseënd om hier te kan wees, te kan staan, te kan sing en so normaal as moontlik te kan funksioneer.”