Charlize het haar verjaardag gevier, ’n partytjie vir klein Aleiah-Rose op haar en manlief Warren Linden se tweede huweliksherdenking gehou, en die kleinding het boonop later in die week een geword.

Charlize Berg
Charlize Berg, haar man, Warren Linden, en Aleiah-­Rose. Foto: Verskaf
charlize berg
Allie het dié spelery baie geniet. Foto: Verskaf

Op die pienk partytjie het klein Allie, soos hulle haar noem, pure prinses gelyk en die harte van vriende en familie gesteel wat saam met haar die groot dag gevier het.

Charlize Berg
Klein Aleiah-­Rose is opgetof. Foto: Verskaf

“Haar koek was vol handgemaakte rose, want haar tweede naam is Rose. Haar oupa noem haar tot vandag toe net Rosie,” vertel Charlize. 

charlize berg
Die tema was rose, eenhorings en droomvangers in pienk en silwer. Foto: Verskaf
charlize berg
Foto: Verskaf
charlize berg
Haar verjaardagkoek was vol handgemaakte rose. Foto: Verskaf

Die egpaar is nou in Egipte om hul huweliksherdenking te vier. Dit is albei se eerste besoek aan dié land.

charlize berg
Pa Warren speel met Allie in een van haar geskenke, ’n opblaasswembad vol plastiekballe. Foto: Verskaf

“Dis een van die lande wat ons nog altyd wou sien! Ek hou van die antieke geskiedenis en Warren die argitektuur. Dis ’n goeie kombinasie!, sê Charlize.