Charlize Theron 

Charlize Theron
Charlize Theron Foto: Gallo Images/Getty Images

Die Oscar-wenner het ’n bisarre einde tot ’n afspraak beleef toe sy in haar 20’s was, het sy verlede jaar op die kletsprogram Jimmy Kimmel Live! vertel. “Hy het my opgelaai, ons het gaan aandete eet – dit was lieflik,” sê Charlize (45).

Die “uiters aantreklike” vryer het met haar huis toe gery en haar nag gesoen. “Toe trek hy weg en fluister: ‘Vry met my neus.’ “Ek wou dit nie opmors nie en het hom ’n soentjie op die neus gegee, en hy het gesê: ‘Nee, vry daarmee.’ ”  

Kelly Rowland

Kelly Rowland
Kelly Rowland Foto: Gallo Images/Getty Images

Die gewese Destiny’s Child-sangeres het ’n oomblik van verleentheid op ’n afspraak beleef jare voordat sy in 2014 met die talentbestuurder Tim Weatherspoon (47) getroud is. 

“Ek het op sy skouer aan die slaap geraak en ek het gekwyl en gesnork,” vertel Kelly (40). “Dit was taamlik erg. Maar hy moes my nie gevat het om There’s Something about Mary vir die derde keer te kyk nie.” Oepsie.

Bear Grylls

Bear Grylls
Bear Grylls Foto: Gallo Images/Getty Images

Voor hy in 2000 met Shara Cannings Knight (47) getroud is, het die Man vs Wild-aanbieder omtrent moeite gedoen om ’n oulike meisie te beïndruk, maar hy het sleg daarvan afgekom. 

“Ek het ’n piekniek op ’n berg vir ’n meisie gereël met tafels en stoele en 'n driegangmaaltyd,” sê Bear (46) aan die webtuiste The Huffington Post. “Dit het my ’n volle dag gevat om alles daar op te dra. Maar toe daag sy nooit op nie en die wind en reën bederf dit. Die hele aand was ’n mislukking.” 

Kelly Clarkson

Kelly Clarkson
Kelly Clarkson Foto: Gallo Images/Getty Images

Die American Idol-wenner, wat verlede jaar ’n egskeiding van haar man van sewe jaar, die talentbestuurder Brandon Blackstock (44), gevra het, het ’n vreemde afspraak-ervaring op ’n episode van The Kelly Clarkson Show met die titel “Singlehood Celebration” gedeel.

“Ek het met ’n ou uitgegaan en ek dink omdat ek ’n sangeres en liedjieskrywer is, as jy met hulle uitgaan, voel hulle ‘O, ek gaan vir haar ’n liedjie skryf.’ Moenie!” het Kelly (38) uitgeroep. Los eerder die liedjieskrywery vir die driemalige Grammy-wenners, ouens. 

Justin Bieber

Justin Bieber en sy vrou, Hailey Baldwin.
Justin Bieber en sy vrou, Hailey Baldwin. Foto: Gallo Images/Getty Images

Voor hy in 2018 met die model Hailey Baldwin (24) afgehaak het, het die “Peaches”-sanger ’n kosblaps op ’n eerste afspraak gehad. 

“Ek het ’n meisie op ’n eerste afspraak na ’n Italiaanse restaurant geneem en spaghetti oor haar uitgegooi,” sê Justin (27). “Dit was aaklig en vernederend. Sy het nooit weer met my uitgegaan nie.”

Zoë Kravitz

Zoë Kravitz
Zoë Kravitz Foto: Gallo Images/Getty Images

Die High Fidelity-aktrise, wat in 2019 met die akteur Karl Glusman (33) getroud is, het ’n bisarre storie gedeel. Dit het plaasgevind ná wat sy gedink het ’n baie suksesvolle aand uit was waarop hulle oor musiek, flieks en skilpaaie gesels het. 

“Hy kom kuier en laai ’n drasak af, sê ‘dankie’ en loop,” het Zoë (32) aan die geselsprogramaanbieder Jimmy Kimmel gesê.

“Die sak begin beweeg. Ek maak die drasak oop en binne-in is ’n Afrika-skilpad van 30 pond (13,6 kg). Ek het die skilpad vir sowat ’n week en ek bel die ou en sê: ‘Ou, wanneer kom jy weer stad toe?’ En hy sê sy reis is verleng. 

“Maar toe is dit dalk ’n maand dat ons vir Gary het, en my foon lui, en dis Gary se ‘pa’. Hy is terug in die stad en wil weet of ek ’n fliek wil gaan kyk.” Die aktrise het Gary later aan ’n diereskuiling geskenk en besluit om sy “pa” nie weer te sien nie. 

Britney Spears

Britney Spears
Britney Spears Foto: Gallo Images/Getty Images

Die popster het van ’n ongemaklike fliekafspraak vertel. “Dit was soort van ongemaklik,” sê Britney (39) aan die tydskrif Marie Claire.

“Ná die fliek het ek huis toe gekom en dit was dit. Dit het net nie gewerk nie. Hy het net nie in my belangstel nie. Ek het van hom gehou. Hy het dit geweet. Maar hy het beslis nie dieselfde gevoel nie. Dit gebeur met almal. Beroemd wees maak jou nie enigsins anders nie.”

Amy Schumer

 Amy Schumer
Amy Schumer Foto: Gallo Images/Getty Images

Voor die Amerikaanse komediant en aktrise in 2018 met die sjef Chris Fischer (41) getroud is, het sy en haar destydse kêrel, Ben Hanisch, tydens ’n romantiese wegbreek na Parys voedselvergiftiging opgedoen en beurte gemaak om by die badkamer in te hol. 

“Ek het geweet dit was verby,” het Amy (39) op The Ellen DeGeneres Show gesê.

“Ek skree vir hom: ‘Dit was so lekker om met jou uit te gaan! Ek wens jou die beste toe! Jy gaan die wonderlikste meisie ontmoet!’ Maar ek het geweet, ek het geweet dit was verby.” 

Dit was die begin van die einde vir die twee – hulle is die volgende jaar uitmekaar. 

BRONNE: HUFFINTONPOST.CA, PEOPLE.COM, PREVENTION.COM, POPCRUSH.COM, MARIECLAIRE.CO.UK