Chris (39) het ’n foto van hom en Katherine (29) op Instagram gedeel met die woorde, “Liefste Katherine, ek is so bly jy het ja gesê.”  

Hulle het 7 maande gelede begin uitgaan.

View this post on Instagram

?? #sheryllowejewelry

A post shared by Katherine Schwarzenegger (@katherineschwarzenegger) on

Volgens People het die paartjie in Junie verlede jaar begin uitgaan en baie vinnig ernstig geraak nadat hul deur haar ma, die voormalige nuusleser Maria Shriver, aan mekaar voorgestel is. 

Chris en sy voormalige vrou, die aktrise Anna Faris, het in Augustus van 2017 aangekondig dat hul paaie gaan skei ná ’n huwelik van agt jaar.  

Anna (41) het sedertien ook weer liefde gevind by die kinematograaf Michael Barrett (48). 

Chris Pratt het ook onlangs op Instagram vertel dat hy op ’n Daniël-vas gaan waarin hy vir 21 dae lank sal vas, bid en bybel lees.  

Bronne: People, Daily Mail, Today Show.