Die 37-jarige sangeres het in ’n onlangse onderhoud met die tydskrif Billboard niks goeds te sê gehad oor die sangkompetisie nie.

“Dit het iets geword wat ek nie voel asof ek in die eerste seisoen daartoe ingestem het nie,” sê sy. “Jy besef dit gaan nie oor musiek nie. Dit gaan oor goeie TV-­oomblikke en om ’n storie te skep.”

Foto: Gallo Images/Getty Images.

Die Grammy-bekroonde sangeres sê sy het ingeperk gevoel in haar tyd in die reeks.

“Jy mag nie dit dra of dat sê nie. 

“Ek het desperaat probeer om my deur my klere, grimering of hare te probeer uitdruk. Dit was my enigste uitlaatklep.”

Ten spyte van haar ongelukkigheid het die sangeres agter die treffer Beautiful gesê sy het vir haar kinders – Max (10) by haar eksman, Jordan Bratman, en die driejarige Summer by haar verloofde, Matthew Rutler (33) – se onthalwe aangebly.

Van links is Matthew, Summer, Christina en Max. Foto: Gallo Images/Getty Images.

“Dis maklik om gemaklik op dieselfde plek te raak en jou nie daaroor te bekommer om jou kinders te ontwortel nie,” sê sy en voeg by sy kan nie wag om te toer om haar komende ­album te bemark nie.

“Ek sien daarna uit om weer op te tree en vir my kinders te wys wat mamma nou eintlik doen.”

Bronne: Foxnews.com, Billboard.com