Ciske, wat veral bekend is vir haar rolle in Bakgat! en Getroud met Rugby en ook as ’n beroepshaarstilis opgelei is, het op 29 September die nuus op Instagram gedeel dat sy swanger is met haar derde kind. “Magie nr3... #15weeks in,” het sy geskryf. 

View this post on Instagram

Maagie nr3....♥?#15weeks in.

A post shared by Ciske Kruger (@ciske79) on

Sy en haar man, die sakeman Kristof Kruger, is in 2015 getroud en het ’n tweejarige dogtertjie, Klara. Sy was voorheen met die akteur Ivan Botha getroud en hulle het saam ’n agtjarige dogtertjie, Amelie. 

“Elkeen van my swangerskappe was tot dusver verskillend. Dié keer is ook weer anders, met ekstra simptome. Maar om ’n mensie in jou te voel groei, bly ’n wonderwerk en ’n seën van God,” het Ciske aan Huisgenoot vertel.

Maar al is sy en manlief baie opgewonde oor die koms van hul tweede kind, erken sy hulle was ietwat uit die veld geslaan oor die nuus. 

“Die swangerskap was semi-beplan, maar ons het besluit om eers te wag omdat ons Kaap toe verhuis het. God het egter ander planne gehad en my gevoel was opwinding saam met ’n bietjie van ’n bang gevoel.”

Sy vertel vir haar is die lekkerste deel daarvan om swanger te wees wanneer sy die lyfie binne haar maag begin voel rondwoel. “Dit is so ’n amazing wonderwerk.”

En haar beste wenk vir vroue wat vir die eerste keer swanger is? “Wanneer jy uitvind jy is swanger, moet jy sommer dadelik iets soos Happy Event-lyfroom begin gebruik. Ek is gelukkig dat ek geen rekmerke het nie en ek glo dis omdat ek die room vroeg tydens my vorige swangerskappe begin gebruik het om my vel voor te berei. Wees ook sag op jouself; jou emosies gaan met tye die oorhand kry.”