Die skoonheidskoningin het intussen uit Johannesburg getrek en woon as tydelike maatreël by haar ouers op hul kleinhoewe in Pretoria. Claudia, wat onlangs haar 36ste verjaardag gevier het, wil nie verder uitwei oor die besonderhede nie, maar sê dit is vir haar ’n baie moeilike tyd.
“My hart is baie seer, maar ek fokus nou op my kinders,” sê sy aan Huisgenoot.
Claudia en Orin is in 2015 getroud.