Clint is berug daarvoor dat hy sewe kinders by vyf verskillende vroue het.

Maar dit was ’n verrassing toe sy oudste dogter, Laurie Murray, wat as baba vir aanneming opgegee is, op familiefoto’s verskyn en in die openbaar as ’n Eastwood bevestig is.

Op Instagram het Clint se dogter, Francesca, ’n foto wat die sibbes by die première geneem het die byskrif gegee: “Al agt van ons saam, so lief vir my broers en susters.”

View this post on Instagram

All 8 of us together ?? love my brothers and sisters so much

A post shared by Francesca Eastwood (@francescaeastwood) on

Laurie was saam met haar sewe sibbes – Kimber Lynn, Kyle, Francesca, Alison, Kathryn, Morgan en Scott Eastwood – Clint se jarelange lewensmaat Christina Sandera en sy eksvrou Maggie Johnson by die première.

Blykbaar het Laurie 30 jaar gelede met Clint kontak gemaak toe sy na haar biologiese ouers gesoek het.

“Clint Eastwood se geheime dogter, wat met haar geboorte deur haar ma vir aannemeing opgegee is, het eers as ’n volwassene ná ’n soektog na haar biologiese ouers ontdek die Hollywood-legende is haar pa,” berig Britse skinderkoerante.

Haar ma, wie se naam nie bekendgemaak is nie, het die swangerskap destyds van Clint weerhou.

“(Laurie) het die Academy-bekroonde akteur toe genader, wat geen idee gehad het sy bestaan nie. Die twee het ’n hegte verhouding gesmee en deel ’n liefde vir gholf en die buitelug en gaan saam op gesinsvakansies,” berig die Daily Mail.

Clint Eastwood en sy 'geheime dogter', Laurie Murray. Foto: YouTube-skermgreep (News Today Az)

Laurie is glo verwek terwyl Clint aan Maggie verloof was.

Al is sy Maandag eers openlik as Clint se dogter erken en hy sy glo op die aand na haarself as Laurie Eastwood verwys, het ’n familievriend anoniem aan Daily Mail vertel dit was nie die eerste keer dat sy saam met Hollywood-sterre gekuier het nie.

“Hy het Laurie saam met sy ma en (nou eksvrou) Dina na die Oscars geneem ongeveer die tyd toe hy vir Mystic River (2004) benoem is gevat,” sê die vriend.

Laurie (links), Clint se ma, Ruth Wood, en sy vrou in daardie stadium, Dina Eastwood, by die Oscars in 2004. Foto: Gallo Images/Getty Images

Volgens die Britse skinderkoerant  Mirror was geld nie die rede waarom Laurie, ’n ma van twee, met Clint kontak gemaak het maak nie.

Die koerant berig sy is met Lowell Thomas Murray III getroud, wat uit “ ’n vooraanstaande familie in die welgestelde Washington kom”.

Die egpaar besit glo verskeie eindomme, onder meer een in Hawaii.

Sondra Locke

Sondra Locke (74) wat in ses flieks saam met Clint opgetree het en met wie hy 13 jaar lank in 'n verhouding was, het op reeds op 3 November aan bors- en beenkanker gesterf. Maar die nuus omtrent haar afsterwe het onlangs eers in die nuus bekend geword.

Sondra, gebore as Sandra Louise Smith, het in Tennessee grootgeword. In 1967 het sy 'n landwye kompetisie gewen en dit het haar in die kollig laat beland. As deel van haar prys het sy teenoor Alan Arkin in die filmweergawe van die boek The Heart is a Lonely Hunter wat in 1940 deur Cason McCuller geskryf is, verskyn.

In 1976 het sy in die fliek The Outlaw Josey Wales groot aandag veral onder die manlike geledere getrek.

Toe volg verskeie silwerdoekprojekte wat almal eksklusief Eastwood-projekte was (buiten The Shadow of Chikara in 1977) omdat "Clint wou gehad het ek moet net met hom werk".

Tydens hul verhouding het Sondra twee aborsies gehad voordat sy 'n mediese prosedure ondergaan het om enige potensiële swangerskappe te verhoed.

Van die flieks saam met Clint

The Gauntlet (1977)

Every Which Way But Loose (1978)

Any Which Way You Can (1980)

Bronco Billy (1980)

Sudden Impact (1983)

Toe sy en Clint op 29 Desember 1988 letterlik gillend uitmekaar spat, was dit 'n ongure affêre.

Hy het al die slotte aan die deure van hul huis verander en al haar besittings voor die huis gesit.

Dit het tot 'n bittere hofstryd gelei toe sy hom op 26 April 1989 vir metgeselonderhoud gedagvaar.

Toe word die klag verander na dié van bedrog toe sy beweer het 'n fliek-ooreenkoms wat hy vir haar georganiseer het, was bloot 'n skuiwergat om haar te oorreed om die onderhoudsaak te laat vaar.

Sy het ook terselfdertyd die filmgroep Warner Bros gedagvaar op grond daarvan dat sy geglo het die maatskappy het met Clint saamgewerk om haar 'n rat voor die oë te draai en ook haar regisseursloopbaan te kelder.

Die drie hofsake is in 1996 buite die hof teen'n onbekende bedrag geskik.

Sondra het onlangs in Alan Rudolph se drama teenoor Keith Carradine in Ray Meets Helen verskyn.

Bronne: Mirror, Daily Mail, Hollywood Life, imdb.com, variety.com, theguardian.com