Sy het Maandag in ’n Instagram-inskrywing haar redes verduidelik en gesê dis omdat haar “vryheid” belangriker as enigiets is. Sy het ook die coronavirus as ’n “respiratoriese griep” afgemaak.

“Sommige mense beskou hul lewens belangriker as vryheid, sommige mense waardeer vryheid bo hul lewens. Ons almal maak keuses,” het die aktrise van Lost-faam reageer in die kommentaar van die inskrywing.

View this post on Instagram

#morningtea ?? Just dropped my kids off at gymnastics camp. They all washed their hands before going in. They are playing and laughing. #businessasusual

A post shared by Evangeline Lilly (@evangelinelillyofficial) on

Sy het gesê dis “besigheid soos altyd” en dat haar twee kinders hul normale aktwiteite gaan doen en nie tuis gaan bly nie.

“Het pas my kinders by gimnastiekkamp gaan aflaai. Hulle het hul hande gewas voor hulle ingegaan het. Hulle speel en lag. #businessasusual,” het sy gesê.

Evangeline het ’n agtjarige seun, Kahekili Kali, by haar lewensmaat, Norman Kali, en nog ’n kind.

Haar inskrywing het aanhangers woedend gemaak en hulle het haar “selfsugtig” en “onverantwoordelik” genoem, veral aangesien sy na haar pa, ’n kankerlyer, omsien. Een aanhanger het geskryf: “Kan jy jou indink hoe dit moet wees om so dom en roekeloos te wees”.

Evangeline het volgehou sy is reg en gesê dinge raak nou te na aan krygswetgewing. “Die onkunde is verstommend (oogrol-emoji). Julle weet daar is draers sonder enige simptome.

“Ek woon saam met my pa op die oomblik en hy het fase vier leukemie. My immuunstelsel is ook tans kwesbaar. Ek het twee jong kinders. Diegene ouer as 60 met kwesbare immuunstelsels word as hoërisiko vir COVID-19 beskou en is deur gesondheidsbeamptes gevra om tuis te bly.

“Waar ons ons tans bevind, voel te na aan krygswetgewing en dit alles oor ’n respiratoriese griep,” het sy verder laat hoor.

“Dis skrikwekkend . . . kom ons wees waaksaam. En gaaf. Wees op die uitkyk en aangenaam – hou ’n ogie oor ons leiers, maak seker hulle misbruik nie hierdie oomblik en steel nog vryheid en gryp nog mag nie.”

Die Game of Thrones-aktrise Sophie Turner (24) was duidelik glad ingenome met die Ant-Man-ster se uitlatings nie. “Moenie bleddie dom wees nie,” het sy op Instagram laat hoor sonder om die aktrise se naam te noem. Sophie het mense gemaan om die advies van wetenskaplikes en medici te volg en kontak met ander te verminder om die verspreiding van die virus te keer.

“Hier is die tee. Bly binne. Moenie bleddie dom wees nie, selfs al tel jy jou ‘vryheid’ bo – ek weet nie, wat is dit – jou gesondheid? Ek gee nie ’n ffffff om oor jou vryheid nie. Jy kan ander mense aansteek, ander kwesbare mense rondom jou deur dit te doen. So bly binne, ouens. Dis nie cool nie en dis nie groot nie en nie slim nie.”

Terwyl Evangeline se uitlatings mense aanlyn laat gons het, het haar voormalige Lost-medester Daniel Dae Kim (51) onthul hy het positief getoets vir COVID-19.

Hy het mense gemaan hoe belangrik self-kwarantyn is. “Jy sit moontlik miljoene mense se lewens in gevaar, ook jou geliefdes. So vir almal se onthalwe, volg asseblief die riglyne. Sosiale afstand, self-isolasie, hou op aan jou gesig vat, en natuurlik, was jou hande.”

Bronne: Instagram, Daily Mail, Huffpost.com