Hoewel hulle ook tans in 'n staat van inperking is, is Montenegro baie veilig, vertel Mari-Louis uit Tivat aan Huisgenoot. Dié land het tot dusver 91 positiewe gevalle van COVID-19 aangeteken, en een mens is oorlede as gevolg van die coronavirussiekte. 

"Tivat is ’n rustige dorpie met drie glansryke mere vir privaat seiljagte. Montenegro is die buurland van Kroasië, wat seker meer bekend is aan Suid-Afrikaners," vertel sy. 

"Montenegro se regering is noemenswaardig - hulle het ’n staat van inperking ingestel ná slegs een positiewe coronavirus-voorval. Die goeie nuus is dat daar ’n afname in gevalle is. Ek voel baie gelukkig om hier te wees, veilig en in goeie hande."

Mari-Louis se man, Chris, is die kaptein van ’n seiljag wat tans in Barcelona in Spanje vasgemeer is. Die paartjie is al 29 jaar saam. 

Chris en sy bemanning mag nie die skip verlaat nie.

"My man is baie emosioneel omdat hy so ver van ons af is. Hy is nie alleen nie; sy bemanning verlang na hul geliefdes en daar is ’n dreigende gevoel van gevaar in Barcelona. Hulle volg al die nodige voorsorgmaatreëls."

Montenegro is tans in die derde week van inperking, en vir nou is haar belangrikste verantwoordelikheid om seker te maak haar kinders bly op die hoogte met hul skoolwerk. 

Mari-Louis en Chris het drie kinders, twee seuns, Max (15) en Ethan (10), en 'n dogter, Sophia (8). 

"Ek het gedroom van elke dag joga doen, suurbrode bak en ’n nuwe taal leer. Ongelukkig is aanlyn skool ’n nagmerrie. Hierdie is week drie en ek hoop dat dit makliker gaan word. My kinders is elk op twee toestelle. Ek sweet elke dag net om te probeer om hulle aan en af te teken op die webtuistes," sê Mari-Louis. 

"Ek is verstom met hoe vinnig hulle aangepas het met aanlyn skoolwerk. Ons het ’n volledige skooldag wat soggens om halfnege begin en halfdrie in die middag klaarmaak. Ek kan sien dat my oudste dit moeilik gaan vind om weer terug te keer na die normale manier van skoolgaan.

"Hy is baie meer produktief, die aanlyn wêreld is hul speelgrond. Hy is baie bly om met sy vriende regoor die wêreld in verbinding te kan wees. Hy het meer beheer oor sy tyd, en sonder afleidings doen hy sy huiswerk tydens afperiodes of in hul etensuur," sê sy. 

View this post on Instagram

Hello to all my friends around the world,? ?????????? So many of you have come to mind in the last months as I followed the #covid_19 news.? ?????????? First was my friends living in Wuhan, then Hong Kong, New Zealand, Australia and all of a sudden to nearby Italy.? ?????????? ? With news of every new country around the globe affected, I thought of friends from or living in those countries. Of how this will impact you, your loved ones, your work.? ?????????? It also shook loose the good memories made with those friends and in those places.? ?????????? It made me want to reach out and touch base with you. Not only to wish you luck and love in these unusual times, but also an invitation to stay connected as we all retreat into our little boxes. ? ?????????? If you want to share, I’m your girl. Share memories, photos, laughter. Share recipes, tips, ideas, thoughts on the future. Share for us all to feel connected even as we feel alone.? ?????????? My little box is on a quiet hill that looks out onto the Adriatic. On the other side lies Italy, where things are certainly not quiet.? ?????????? Chris and his crew are confined to their boat in Barcelona, facing a stiff fine for anyone disembarking without permission, and not allowed to sail home for three months.? ?????????? The schools are shut, but with exams coming up, I have become a full-time teacher, cook and cleaner. All three kids are at their desks for online classes, with me running between rooms, kitchen and laundry like a mad trapped rat. ? ?????????? See you on the other side, but please speak to me all the while to keep me sane or else you might not like what you see when we meet again. ? ?????????? All my love,? M? ?????????? #FlattenTheCurve #SocialDistancing #communityfirst #AloneTogether #coronavirus #covid_19 #hellofrom #InItTogether #SitThisOneOut ? ?????????? ??: @henkhattinghphotography? ??: @Jmflorals

A post shared by Mari-Louis Guy (@marilouisguy) on

Voor die land ’n inperkingstyd afgekondig het, was Mari-Louis ook besig om ’n onthaalsaal in Gornja Lastva, ’n gebied van Tivat, te voltooi. 

"Alle besprekings is vir eers op ys, en toegang is beperk vir enige verdere bouwerk. Ons wou met die tuinaanleg begin het, maar meeste van die plante kom van Serwië, so dis nie op die oomblik beskikbaar nie. Ek doen ook leefstylvideo's vir ’n plaaslike eiendomsagentskap, maar ek kan dit nie nou verfilm nie."

Sy vertel ook dat die lewe in Tivat soms teen ’n slakkepas beweeg. 

"Ons moet pompe regmaak, watertenks volmaak, hout gaan haal en vullis met ’n kruiwa wegry. Ek het die skool gevra om dinge 'n bietjie stadiger te vat. My jongste is baie verward en bekommerd oor haar ouma wat alleen in Suid-Afrika is," vertel Mari-Louis oor haar ma, Estee Maritz, wat in Boston in Bellville woon. 

"Ons is bekommerd oor die veiligheid van almal in Suid-Afrika.

"Die beste ding wat ek gedoen het, is om ’n brief aan al my Gmail-kontakte te stuur om hulle te vra om uit te reik. Ek het soveel antwoorde teruggekry en dis wonderlik om met ou vriende, kliënte en kollegas te kan opvang. Ek kon ook eindelik ’n jogaklas saam met my skoolvriend doen. Ons het ook ’n aanlyn groep vir skemerkelkies genaamd Cocktail Hour. Ons trek mooi aan, en dis ’n rede om lipstiffie aan te smeer," vertel Mari-Louis.