Zetske van Pletzen 

Die Getroud met rugby-aktrise Zetske van Pletzen sê maskers word nou ’n modebykomstigheid; daarom het sy ’n hele paar wat sy afwissel. 

“Jy moet meer as een masker hê om te kyk watter een pas by jou uitrusting van die dag,” sê sy en lag.

Willem Botha 

Die sanger en fotograaf Willem Botha het verskillende maskers, maar voel buffs werk die beste. 

“Dit dra gemaklik en skuif nie rond nie sodat ek nie heeltyd aan my gesig hoef te vat nie. Ek kan dit ook gereeld was ná elke dag se gebruik.”

Die maskers maak dit wel moeilik om mense te herken, vertel Willem. 

“Ek was vir ses weke op die plaas in Riversdal. Die drie keer wat ek Spar toe moes gaan het ek elke keer my masker gedra. Dis ’n klein dorpie en ek het daar grootgeword. Alhoewel ons mekaar ken was dit snaaks hoe niemand mekaar herken het agter die maskers nie. Ek moes drie keer groet voor iemand kon raai dis ek,” sê Willem. 

Nobuhle Mimi Mahlasela 

Die aktrise wat Aggie in 7de Laan speel, dra haar masker altyd wanneer sy die huis verlaat.

Dit het haar wel eenkeer in die steek gelaat. 

“Die een kant van die rekkie het geskiet toe ek in Makro in ’n tou gestaan het.”

Clint Aplon

Dié akteur, wat ons as Romeo in 7de Laan ken, dra sy masker oral waar hy gaan. 

Clint Aplon dra sy masker oral waar hy gaan. Foto:
Clint Aplon dra sy masker oral waar hy gaan. Foto: Verskaf

“Dit lyk vir my almal sukkel soms om hul maskers aan te sit. Nes met ons president het myne ook al oor my oë gegaan,” vertel hy en lag.

Clint en sy mede-akteurs hoef nie die maskers te dra tydens die verfilming van tonele nie. 

“Die draaiboek is so verwerk dat intieme tonele of tonele waar mense aan mekaar moet raak uitgesny is, en dus kan hulle die nodige afstand tussen hulle behou. Van dit wat ons tot dusver gesien het, lyk dit natuurlik en laat die akteurs reg daaraan geskied.”

Elma Smit 

Die aanbieder en omroeper Elma Smit het self vir haar ’n masker aanmekaar geslaan. 

“My eerste twee probeerslae was nie heeltemal ideaal nie, maar my derde poging het gewerk. Ek het sedertdien vir al my huismense en kollegas maskers gemaak,” sê sy.

Sy dra haar maskers daagliks, vertel Elma. 

“Ek bied sport aan op Breakfast with Martin Bester by JacarandaFM in die oggende en ons het Donderdag weer teruggekeer ateljee toe nadat ons vir vyf weke van die huis af uitgesaai het.” 

Vashti Prins 

Die Suidooster-aktrise Vashti Prins en haar akteur-kêrel, Jarrid Geduld, het hul maskers gedra toe hulle onlangs gaan inkopies doen het. 

Die Suidooster-aktrise Vashti Prins en haar akteur
Die Suidooster-aktrise Vashti Prins en haar akteur-kêrel, Jarrid Geduld, het hul maskers gedra toe hulle onlangs gaan inkopies doen het. Foto: Verskaf

Vashti sê al het sy nie haar masker self gemaak nie, is dit beslis iets wat sy wil probeer maak. 

“Een van die regisseurs se broers het dit gemaak en was vriendelik genoeg om dit onder die Suidooster-akteurs te versprei. Dus was ek gelukkig.”

Sy sê ook sy verkies om kleurvolle maskers te dra eerder as die gewones. 

“Ek is mal oor kleur en die positiewe energie wat dit aan die wereld of enige ruimte gee. Hoekom nie bietjie kleur versprei waar jy kan gedurende hierdie angswekkende tydperk?”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.