book-icon Uitgawe 5 November 2020

Daai pa-dogter-soen en als wat die Beckhams al 'gesondig' het

akkreditasie
Harper in 2015 – toe sy vier jaar oud was – met ’n fopspeen in haar mond afgeneem.
Foto: Gallo Images/Getty Images
Harper in 2015 – toe sy vier jaar oud was – met ’n fopspeen in haar mond afgeneem. Foto: Gallo Images/Getty Images

Hulle is modelmooi, lyk altyd kameragereed en hul glansryke lewe is genoeg om enigiemand groen van jaloesie te maak. En tog kan die Beckhams maar net nie in die publiek se goeie boekies bly nie.

So lank as wat hulle al in die openbare oog is – en dis nou al meer as 20 jaar – word Victoria en David, oftewel Posh en Becks, gekritiseer oor alles van hul roem en hul geld tot hoe hulle hul kinders grootmaak.

Dalk het dit iets te doen met hoe openlik hulle is oor hul luukse bestaan, of dalk is mense bloot afgunstig – maar die feit bly staan: Die Beckhams bly ’n gesin wat giftige aanmerkings ontlok.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees