Prinses Caroline van Monaco se oudste dogter, Charlotte Casiraghi (31), het haar verlowing aan die rolprentvervaardiger Dimitri Rassam (36) bevestig.

Charlotte, wat ’n seun, Raphaël (4), by haar ekskêrel Gad Elmaleh het, het by die onlangse Rosebal – wat haar ouma prinses Grace in 1954 begin het – met ’n tamaai diamantring gespog.

Charlotte het haar verlowing bevestig. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Luidens berigte sal die twee in Julie trou.

Bronne: People.com, DailyMail.co.uk, TMZ.com