Maar toe hy onlangs ­tonele vir die fliek Triple Frontier verfilm, was dit weer sigbaar – vier jaar later.

Volgens aanhangers, en sy eksmeisie Jennifer Lopez, sal hy vergewe word dat hy daaroor gejok het.

Aanhangers op Twitter het van hulle laat hoor. Foto: Twitter

Jennifer het aan die TV-­aanbieder Andy Cohen gesê die tatoe “het te veel kleure”.

Nie almal het van die skepping gehou nie. Foto: Twitter

Maar sy kinderjare-pel Matt Damon het hom verdedig. “Ek ondersteun hom in al sy kunssinnige uitdrukkings,” het die ster van Jason Bourne gesê.

Dis nou ware vriendskap.

Bronne: DailyMail.co.uk, UsWeekly.com