Joshua is die broer van Jared Kushner, wat getroud is met pres. Donald Trump se oudste dogter Ivanka. Jared is self een van pres. Trump se senior raadgewers. 

Die 25-jarige model het ’n video op Instagram gedeel van haar met ’n reusediamantring. Sy het die verlowing vroeër die dag in ’n ander plasing aangekondig. 

Karlie het met haar verloofring op Instragram gespog. Foto: Instagram/@ karliekloss

"Ek het jou lief meer as wat ek in woorde kan uitdruk. Josh, jy is my beste vriend en sielsgenoot. Ek kan nie wag om vir altyd saam te wees nie. ’n Miljoen keer ‘Ja’”, het sy geskryf.

Joshua het weer ’n foto van Karlie geplaas met die woorde "verloofde". 

fiancée ??

A post shared by Joshua Kushner (@joshuakushner) on

Volgens CBS News is die paartjie al 6 jaar saam. Joshua het ’n paar weke gelede die groot vraag gevra terwyl hulle op ’n romantiese wegbreek in New York was, berig People

Hy is by twee maatskappye betrokke: Thrive Capital wat hy self begin het en die gesondheidsversekeringmaatskappy Oscar, waarvan hy ’n medestigter is, berig CBS News.

Sy pa, Charles Kushner, was ’n suksesvolle eiendomsontwikkelaar wat eindelik tronkstraf vir verskeie finansiële misdrywe uitgedien het.

Buiten haar internasionale modelloopbaan is Karlie self ook ’n besigheidsvrou. Sy bedryf ’n koekiemaatskappy genaamd Karlie's Kookies én ’n suksesvolle sonbril- en denimreeks.

Sy is ook baie passievol oor rekenaarprogrammering en het die niewinsgewende organisasie Kode with Klossy begin wat meisies leer om te programmeer. 

Bronne: People, CBS News, Harper's Bazaar.