Ná sy draai in rehabilitasie ses maande gelede is die akteur toegewy aan nugter bly.

Sy vriendskap met Jennifer Garner (46) – saam met wie hy hul kinders, Violet (13), Seraphina (10) en Samuel (7), grootmaak – is glo “sterker as ooit”.

En aan die liefdesfront lyk dinge ook nie te sleg nie.

Maande nadat hy en die Saturday Night Live-vervaar­diger Lindsay Shookus (38) aan die vooraand van sy ­rehabilitasie vir alkoholisme uitgemaak het, voel Ben (46) hulle het ’n ware kans om die dinge reg te stel wat verlede jaar hul romanse gepootjie het.

Lindsay Shookus en Ben Afflek 'is weer saam en gel
Lindsay Shookus en Ben Afflek 'is weer saam en gelukkig dat hulle weer in mekaar se lewe is,' sê ’n bron. Foto: Gallo Images/Getty Images
Die paartjie is onlangs afgeneem toe hulle in Los
Die paartjie is onlangs afgeneem toe hulle in Los Angeles gaan koffie koop het. Foto: Greatstock

Hul werk en kinders hou hulle egter in teenoorgestelde dele van Amerika, want hy woon in Los Angeles en sy in New York, waar sy haar dogter, Madeline (6), grootmaak saam met haar eksman, Kevin Miller.

“Hulle is weer saam en gelukkig dat hulle weer in mekaar se lewe is,” sê ’n bron.

“Hulle het mekaar beslis gemis.”

BRONNE: THESUN.CO.UK, EONLINE.COM
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!