Josh, wat die rol van die gewetenlose John Ross Ewing III in die TNT-weergawe van die trefferreeks uit die 1970’s vertolk, beweer dis onwaar.

Hy is Dinsdagoggend by sy huis in Los Angeles in hegtenis geneem op aanklag van inbraak, maar is weer dieselfde dag op borgtog vrygelaat.

Die inbraak is glo op geslote kringtelevisie vasgelê. Maar die greinerige beeldmateriaal wys na bewering nie veel meer as net drie figure met “hoodies” wat bo-oor ’n balkon klouter nie.

Waarom is Josh as een van die skuldiges uitgewys? Wel, die buurman het Josh glo aan sy kakebeen geëien.

Josh se kakebeen het hom onder die buurman se verdenking gebring. Foto: Gallo Images/Getty Images

Bronne na aan die akteur glo dit is bog en dat hy onskuldig is.

Benewens sy verskyning as die bose J.R. Ewing se seun in Dallas, sal lesers hom ook herken as Brett Dolan in die dansfliek Step Up (2006) en vir sy rol as Austin McCann in Desperate Housewives van 2006 tot 2007.

Dallas (2012)

Josh die sanger in Step Up

Desperate Housewives (2006-2007)

Bronne: telegraaf.nl, tmz.com, imdb.com