David en Victoria het hul 19de huweliksherdenking op Woensdag 5 Julie met ’n ontspanne romantiese aandete gevier.

Die gewese sokkerster het ’n foto op Instagram gedeel waarop die egpaar hande vashou terwyl hulle in ’n restaurant in Parys, Frankryk, ’n maaltyd geniet. 

“19 jaar. SJOE . . . Dié tyd 19 jaar gelede was ek van kop tot tone pers aangetrek,” skryf David. “Gelukkige herdenking aan die wonderlikste vrou en mamma . . . Lief vir jou.” 

Die voormalige Spice Girl het dieselfde foto op haar sosialemediarekeninge gedeel en ’n foto van ’n ruiker van wit rose en silwer ballonne bygevoeg wat sy by haar seuns, Brooklyn (19), Romeo (15) en Cruz (13), en dogter, Harper (6), gekry het. 

“Negentien jaar!!! X Ek het jou so lief x,” skryf Victoria.

Voor hul romantiese afspraak het Posh en Becks Harper se skoolsportdag bygewoon.

Die modeonterwerper het ’n video op Instagram Stories gedeel waarin David aan ’n sakresies deelneem. 

Die egpaar het mekaar in 1997 in die spelers se sitkamer by David se destydse klub, Manchester United, ontmoet, berig EOnline

Hul huweliksherdenking kom te midde van gerugte dat die egpaar uitmekaar is, wat die twee ontken het, berig People.

“Daar’s geen verklaring verskuldig of egskeiding nie,” het ’n reklameagent vir die egpaar in ’n verklaring gesê. “Dit is net vals sosialemedianuus. Dit is alles nogal bisar en ’n vernederende vermorsing van tyd.” 

Bronne: Dailymail.co.uk, People, Eonline.com