“Ek ly aan angstigheid; ek het dit nog altyd gehad,” het Ryan, die wederhelf van die aktrise Blake Lively (30), vertel.

“Ek het al die lighartige ‘ek is so angstig hieroor’-soort gehad en is ook al in die donkerder kant van die spektrum gedompel – en dis nie pret nie.”

Hy het ook vertel hy het ’n “senu-ineenstorting” gehad pas nadat sy passieprojek, Deadpool, in 2015 klaar verfilm is.

Die karakter Deadpool.

“Ek het heeltyd gevoel asof ek op ’n skip in die middel van ’n windvlaag is. Dit het nooit opgehou nie. Ek het gebewe. Ek het ’n dokter gespreek, want dit het gevoel asof ek met ’n neurologiese probleem of iets sukkel.”

Die pa van twee dogters, James (3) en Ines (1), het nietemin sy werk as komiese akteur beskryf as ’n goeie manier om hom kop water te help hou.

“Wanneer die gordyn oopskuif, skakel ek daardie pampoenkop aan. En hy neem soort van oor en gaan weer weg wanneer ek van die stel afstap.”