Geo, wat in 2014 ’n finalis in die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie was, het aan Huisgenoot bevestig: “Ek en Demi het saam besluit om net vriende te wees.”

Dít kom kort nadat Netwerk24 geskimp het daar is iets aan die blom is tussen Geo en Nadia Herbst, wat die rol speel van Olivia van Rensburg in 7de Laan.

Geo (30) het die 22-jarige Nadia verlede maand genooi om ’n gas te wees op sy aanlyn gespreksprogram, The Catalyst. ’n Week later is hulle saam gesien by ’n regstreekse opname van Dancing with the Stars. 

Nadia het aan Netwerk24 gesê sy en Geo is geensins romanties betrokke nie.

Foto: Facebook.

Geo, ’n sakeman en direkteur by Bovest-Welvaartbestuur was meer as drie jaar lank die man aan Demi-Leigh se sy.

Hy was daar toe sy in November verlede jaar in Las Vegas die kroon gekry het vir die mooiste meisie in die heelal. En hy was daar, met haar hondjie, Benji in sy arms, toe Demi-Leigh vir die eerste keer in Suid-Afrika kom kuier het nadat sy as Mej. Heelal gekroon is.

Demi-Leigh bly in New York vir die jaar wat sy Mej. Heelal is.

Foto: Facebook.

“Dié is ’n baie groot jaar vir haar (Demi-Leigh) en sy volg haar drome na. Ek gun dit 100% vir haar en ondersteun haar ten volle.

“Sy is ongelooflik besig en reis die wêreld vol.

“Dit is tyd vir haar om op haarself te fokus.

“Daar is en was nog altyd wedersydse respek tussen ons. Sy maak Suid-Afrika trots.”