Franje is met subtotale serebellêre ontwikkelingstuiting gebore, ’n seldsame afwyking waar die kleinharsings ontbreek. Sy het die intellektuele vermoë van ’n drie maande oue baba. Sy kan nie praat, loop of eet nie en word deur ’n buis gevoed, het Demi-Leigh vroeër aan Huisgenoot vertel.

"My babasussie word al 12! Veels geluk aan my grootste inspirasie en motivering. Ek weet jy word vandag bederf. Ek is baie lief vir jou," skryf sy in die sosiale media. 

En natuurlik het gelukwensings ingestroom!

"Veels geluk aan jou suster, Dems," skryf die Suid-Afrikaanse model Taryn Morris met ’n drukkie-emoji.

Die model Tracy McGregor het ook ’n boodskap geskryf: "Veels geluk aan jou kleinsus."

Dit lyk omtrent of Demi-Leigh nog haar tydjie in Amerika geniet. Sy deel gereeld foto's van haar avonture as Mej. Heelal.

Sy het ook onlangs die New Yorkse Modeweek bygewoon en omtrent die koppe laat draai!

Started #NYFW day two off with @danliudesign ????

A post shared by Demi-Leigh | Miss Universe (@demileighnp) on

Sy het selfs op die loopplank geloop!

Baie geluk aan jou sussie, Demi-Leigh!