Die beelskone aktrise (55) het grappies gemaak oor haar eksman, Bruce Willis (63), hul huwelik, sy ouerskapvaardighede en hoe hy dit reggekry het om die rol te kry wat sy loopbaan ’n hupstoot gegee het, berig People.

Die aktrise het begin deur haarself voor te stel . . . 

“Vir dié van julle wat my nie ken nie, ek is Demi Moore,” het sy gesê.

“Ek was getroud met Bruce vir die eerste drie Die Hard-flieks, wat sin maak, want die laaste twee was aaklig.” 

Die twee sterre was vir 12 jaar getroud en het drie dogters – Rumer, Tallulah en Scout Willis – wat almal die vertoning bygewoon het. 

“Ons dogters is uiters goed aangepas, as jy in gedagte hou dat twee van hulle die helfte van Bruce Willis is.

“Mense wonder hoekom ons huwelik beëindig is. Ek dink daar het ’n bietjie jaloesie kop uitgesteek. Bruce kon dit nooit verwerk dat ek beter met ’n bleskop as hy gelyk het nie,” het sy gesê in verwysing na haar haarstyl in die fliek G.I. Jane.

“Bruce het die heeltyd gelag en vir haar met warmte geglimlag,” het Stefanie Mitchell, uitvoerende hoof van S Mitchell Marketing van Detroit aan US weekly gesê.

Bruce se vrou, Emma, en hul dogters, Mabel en Evelyn Willis, was ook daar, berig E! News

Die akteur van Die Hard-faam het aan People gesê hy het ingestem tot die program omdat hy geweet het dit sou pret wees.

“Dit gaan ’n groot vertrek gevul met ’n gelag wees, en jy sien nie sulke goed dikwels nie. Jy sien nie mense wat sê: ‘Kom ons doen dit en lag soveel as wat ons kan’ nie.”

Bronne: People, E! News, US Weekly