Eers het die sangeres (26) en haar span nie ’n woord gerep oor watter middel in die oordosis gebruik is nie, maar onlangse berigte onthul sy het oksikodoon, algemeen bekend as “oxy”, gebruik.

Volgens TMZ bevat dié middel fentaniel – ’n uiters sterk opioïed en dieselfde middel wat die musieklegende Prince se dood in 2016 veroorsaak het.

Die sangeres Demi Lovato. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Die sangeres het twee weke ná die voorval haar stilte verbreek met ’n emosionele boodskap op Instagram. “Ek was nog altyd openlik oor my reis met verslawing. Wat ek geleer het, is dat die siekte nie iets is wat verdwyn of mettertyd vervaag nie.

“Dis iets wat ek moet aanhou oorwin en nog nie gedoen het nie,” lui die boodskap.

A post shared by Demi Lovato (@ddlovato) on

Volgens ’n bron het Demi die res van haar Tell Me You Love Me-toer gekanselleer en sal sy in ’n behandelingsentrum in Chicago op haar gesondheid fokus.

“Sy sal ’n hele paar maande in rehabilitasie wees en ’n uitgebreide program volg om te sorg sy kry die hulp wat sy benodig,” sê die bron.

Neem gerus al die tyd wat jy nodig het, Demi.

Bronne: TMZ.com