“Ek het my grootste vrees vandag in die gesig gestaar!" skryf Nádine op Instagram by ’n foto waar sy en Derick valskermspring. "Om in Parys te valskermspring was eenvoudig die opwindendste ervaring ooit! Ek kan nie begin om dit te beskryf nie!” skryf sy.

Dit is duidelik dat Nádine tydens die vreesaanjaende ervaring talle emosies ervaar het. "Ek het gehuil net voor ek moes spring, gegil op pad af, was mal oor die wolke en het deur die hele pad deur gelag,” vertel sy verder.

“Om teen 220 km per uur deur die wolke te val is om te weet jy leef! As jy twyfel, doen dit net!” 

Derick het self op Twitter ’n foto in sy harnas gedeel, en verklap dat valskermspring ook een van sy vrese is.

Hoewel hy self bang was, was hy die een wat Nádine moes moed in praat, en nie andersom nie. “Dankie @liefling wat my ingepraat het!!!x,” laat Nádine op Twitter hoor.

Nádine het egter ’n komiese flater begaan deur die verkeerde persoon by haar storie op Twitter te ‘tag’.

Die verwarring is heeltemal verstaanbaar aangesien Derick Hougaard se gebruikersnaam op Instagram @liefling is.

Op Twitter behoort dié gebruikersnaam egter aan ’n ene Lynette Galant, maar dit lyk nie of dit vir Derick te veel gepla het nie, aangesien hy daardie einste boodskap hertwiet het.