Sy gaan vanjaar soos gewoonlik die koms van die nuwe jaar met haar geliefdes vier op die stoep van haar ouers se strandhuis naby Groot-Brakrivier.

Dis dan, terwyl sy vonkelwyn drink en die vuurwerkvertoning op Diaz-strand bewonder, dat sy gaan terugkyk oor die ou jaar en besin oor dit wat kom.

Vir dié ma van James (6) en Robin (2) was 2018 bedrywig.

Sy en manlief was doenig met die kinders en sy het benewens haar spel in Suidooster ook skryf- en vertalingswerk gedoen. 

Vanjaar sien sy uit daarna om James te ondersteun wanneer hy met “grootskool” begin.

Sy wil nuwe hoogtepunte in haar loopbaan bereik, meer tyd met haar man en kinders deurbring en  “rustigheid in die malle gejaag” vind.

En, voeg sy by, sy wil haarself minder bekommer oor die “klein jakkalsies” van die lewe.