Die voormalige 7de Laan-aktrise (40) en haar man, Jody (45), wat tans te sien is as die onverskillige Lionel in die telenovelle Arendsvlei op kykNET & kie, is ’n gedugte span en vul mekaar aan, of dit nou tuis of saam op ’n televisiestel is.

Hulle het al saamgewerk aan die VIA-televisiereekse Wakkerslaap, ’n program oor die sanger David Kramer, sowel as Agterplaas-geraas wat tot 4 April op die kassie te sien is. 

"Ek is die een wat die reëlings tref, die admin en beplanning doen, en Jody neem beheer van die kreatiwiteit en is meer hands on op die dae wat ons verfilm," het Diaan voorheen in ’n onderhoud aan Huisgenoot vertel. "Sy’s die baas," het Jody bygevoeg.

"Ek kort haar in my lewe; sonder haar sou ’n chaos geheers het. Op sommige dae sien sy die oplossing; op ander dae sien ek dit weer. Ons vorm ’n goeie span."

Het die egpaar enige planne vir hul spesiale dag?

"Ons bring vandag tyd saam deur omdat ons albei gewoonlik baie besig is, veral Jody wat tans met die verfilming van Arendsvlei besig is," vertel Diaan aan Huisgenoot.

"Nes enige verhouding gaan dinge maar op en af, min geld is ook altyd ’n probleem en natuurlik om te verhuis van een plek na ’n ander," sê Diaan, wat in 2016 saam met haar gesin van Johannesburg na die Moederstad getrek het.

View this post on Instagram

Soulmates ?

A post shared by Diaan Lawrenson (@diaanlawrenson) on

"Ons het ’n groot huis in Johannesburg gehad en ’n veel kleiner een in Kaapstad; daarom moes ons van baie van ons goed ontslae raak en dis nie altyd lekker nie," voeg sy by.

Die akteurspaar het twee kinders, ’n agtjarige dogter, Olivia Rose, en ’n seun, Thomas, wat onlangs sy sesde verjaardag gevier het.

View this post on Instagram

Bowling party. #greatsuccess

A post shared by Diaan Lawrenson (@diaanlawrenson) on

View this post on Instagram

Making a house a home. Finally ?

A post shared by Diaan Lawrenson (@diaanlawrenson) on

"Ons het deur die jare agtergekom wat mekaar se sterk- en swakpunte is en vul mekaar aan," laat die twee hoor. Hulle beplan ’n dokumentêr en televisiereekse vir die res van die jaar.

En wat is hul resep vir ’n gelukkige huwelik?

"Liefde en respek," sê Jody trots en Diaan beaam.