TEXAS-TALENT

Marsai se ouers, Joshua en Carol, het kleintyd al haar talent raakgesien. Sy’t op vyf by ’n agentskap in Dallas, Texas, aangesluit en kort daarna in haar eerste nasionale advertensie verskyn.

Hulle het in 2013 na Los Angeles verhuis en ’n jaar later het sy die Black-ish-rol gekry as een van Andre (Anthony Ander­son) en Rainbow Johnson (Tracee Ellis Ross) se vyf spruite.

View this post on Instagram

2nd outfit ????

A post shared by Marsai Martin (@marsaimartin) on

MEME-KONINGIN

Die skreeusnaakse Marsai is nie net gewild op Instagram nie – sy’t 813 000 volgelinge – sy is ook ’n meme-sensasie. Foto’s van haar skreeusnaakse maniertjies as haar Black-ish-karakter, Diane, is in die sosiale media gewild verby.

DIS ‘MAR-SEI’

“My regte naam is Caila – Marsai is eintlik my tweede naam,” vertel sy. Dit word Mar-sei ­uitgespreek.

HOLLYWOODLIEFLING

Marsai, veral bekend as die bekkige Diane Johnson in die treffersitkom Black-ish, het op 13 die jongste rolprentvervaardiger in Hollywood geword toe sy aan haar eie komedieprent, Little, begin werk.

‘Ek wil aan jong vroue en meisies wys ons stemme en idees maak saak en dat jy nooit te jonk is om groot te droom nie’

In dié fliek, wat eersdaags hier begin, verander ’n vrou ­(Regina Hall) in haar 13-jarige self (Marsai) toe die druk van die grootmenslewe te veel raak.


View this post on Instagram

No caption needed 4/12/19?

A post shared by Marsai Martin (@marsaimartin) on


Marsai sê
  • Ek’s linkshandig.
  • Ek is mal oor pyn­appel op my pizza.
  • Ek is ’n groot aanhanger van kookprogramme.
  • Ek is fanaties oor skoene.
  • My droom­vakansie is ’n reis na Italië.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.