1. Tamaryn Green en Zendaya

Die huidige Mej. Suid-Afrika, Tamaryn Green (24), en die Amerikaanse aktrise, sangeres en voormalige Disney-ster Zendaya (22) laat die koppe draai waar ook hulle gaan. Die langbeenskoonhede, wat hier albei met poniesterte pryk, lyk kompleet of hulle susters kan wees.

sterre,model,aktrise
Tamaryn Green en Zendaya. Foto's: Instagram/ @tamaryngreen en @zendaya

2. Bouwer Bosch en Seth Rogen

Die plaaslike akteur Bouwer Bosch (35), wat al te sien was in flieks soos Vuil Wasgoed, het hierdie foto van hom en die Hollywood-akteur Seth Rogen spotternderwys op sy Instagram-blad gedeel vir die #10yearchallenge. Die vergelyking het omtrent sy volgelinge laat gons en ons kan sien hoekom. Met hul baarde en swart bril lyk die twee akteurs mekaar uitgeknip. "Ek wou sê iets lyk nie reg nie. Jy't my amper geflous," het een van sy aanhangers laat hoor. "Dis eintlik vreemd hoe julle half dieselfde lyk," het nog een laat hoor.

bouwer bosch,seth rogen,akteur,sanger
Bouwer Bosch en Seth Rogen. Foto: Instagram/ @bouwerbosch

3. Johan Stemmet en John Travolta 

Sien ons dubbel? Die TV-legende Johan Stemmet (67) trek weer op die Saturday Night Fever-ster John Travolta (65) in die dae toe hy nog sy donker kapsel gehad het. John het in Maart ’n video op Instagram gedeel waar al sy hare afgeskeer is.

akteur,vermaak,sanger
Johan Stemmet en John Travolta. Foto: Facebook/ Johan Stemmet, Getty Images

4. Pascal Pienaar en Amber Heard

Pascal Pienaar (28), wat bekend is vir haar rol as die bekkige Karli du Preez in die hospitaaldramareeks Binnelanders, lyk op die oog af nes die blonde Hollywood-aktrise Amber Heard (32), wat in flieks soos Aquaman en All the Boys Love Mandy Lane te sien was. 

Pascal en Amber. Foto's: Instagram/ @pascalie en Gallo Images/ Getty Images

5. Bobby van Jaarsveld en 'n jong Brad Pitt

Bedrieg ons oë ons? Die plaaslike sanger Bobby van Jaarsveld (32) lyk omtrent soos die Hollywood-ster Brad Pitt (55) in sy jonger dae. 

brad pitt,bobby van jaarsveld,akteur,sanger
Bobby van Jaarsveld en 'n jong Brad Pitt lyk op 'n druppel na mekaar. Foto's: Cathy Pinnock/ Getty Images