PETER ROOS 

peter roos
Peter Roos. Foto: M-Net

Dié projekbestuurder van Johannesburg, wat saam met Qiniso op laerskool was, het die skoot hoog deur. Peter is al ses maande in ’n verhouding met Michelle, wat in die IT-bedryf werk.

peter roos
Peter en Michelle. Foto: Verskaf

“Vreemd genoeg het ons mekaar deur my suster ontmoet. Sy is een van my suster se kliënte, so ons kan basies my suster die Kupido van Benoni noem,” vertel hy. 

Peter Roos het die skoot hoog deur
Peter Roos het die skoot hoog deur. Foto: Verskaf

Die paartjie geniet dit om saam na komedie- en gruwelflieks te kyk. Peter vertel hy was bekoor deur Michelle se sielvolle oë en groot hart. “Ek is mal oor haar passie vir mense.”

KYRAN WRIGHT

kyran wright
Kyran Wright. Foto: M-Net

Kyran se meisie van die afgelope sewe maande, Caitlin, is ’n natuurbewaarder, nes hy. Hulle het mekaar 13 jaar gelede op universiteit ontmoet.

“Sy woon al ses jaar in Engeland en het onlangs teruggekeer. Ons het mekaar ná my uittrede uit die reeks begin sien,” vertel die Kapenaar. 

Hul passie vir natuurbewaring trek hulle nog meer na mekaar toe aan.

“Ek hou van haar krag en deernis. Sy is ’n persoon wat empatie het met ander en wat sal veg vir dit waarin sy glo,” vertel hy oor Caitlin. 

kyran wright
Kyran en Caitlin. Foto: Verskaf

Die paartjie het verlede maand die Kgalagadi-oorgrenspark in Upington besoek. “Ons was daar vir twee weke en dit was ’n wonderlike ervaring.” 

JUSTIN LAKEY 

justin lakey
Justin Lakey. Foto: M-Net

Justin, wat die topdrie gehaal het, sê hy het nooit gedink hy sal ná die reeks liefde vind nie. 

“Ek het vir myself gesê ek wil myself toelaat om alleen te wees, en as ek iemand in die proses vind, dan is dit nou maar so,” sê dié sportmasseur van Johannesburg.

Justin en Lee is ’n paartjie
Justin en Lee is ’n paartjie. Foto: Instagram/@thejustinlakey

Nou is hy smoorverlief op Lee Tatchell, ’n model en musikant van die Oos-Kaap. Lee het vir Justin ’n privaat boodskap op sosiale media gestuur, en hulle het toe begin uitgaan ’n paar weke nadat hy die reeks verlaat het. 

Justin is mal oor hoe onbaatsugtig en vrygewig Lee is in alles wat sy doen. “Sy kan net haarself wees rondom my, het ’n sagte hart en is net so gek soos ek,” koer hy. Hulle albei hou ook van goeie kos en besoek gereeld verskillende restaurante. 

EN DIE EEN WAT WEGGEKOM HET...

BRADLEY NEWTON

bradley newton
Bradley Newton. Foto: M-Net

Al het Bradley vroeg in die reeks gegroet, het hy kort daarna iemand ontmoet.

“Ons het mekaar by ’n geselligheid van ’n gemeenskaplike vriend ontmoet. Ons het gesels en my vriend het voorgestel dat ek haar na haar motor vergesel en toe vra ek haar nommer,” vertel Bradley.

Hulle was vier maande saam voor hul paadjies geskei het. Tog glo hy steeds in die liefde.

“Verwerping is nooit maklik nie, maar met tyd beweeg jy aan en kry eindelik iemand wat beter by jou pas,” sê Bradley.

En wat soek hy in ’n maat? “Iemand saam met wie ek kan lag, op wie ek kan staatmaak en openlik mee kan praat. Dit is ook belangrik om waardes te hê."

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe