Onderbroeke (maar gratis!) asseblief

Die akteur Denzel Washington (64) het in 2014 aanhangers gevra om vir hom skoon onderklere te stuur nadat hy syne by die huis vergeet het toe hy vir ’n Europese mediatoer inpak. Maar hulle het seker nie gou genoeg tot sy redding gekom nie.

Denzel Washington (64) het aanhangers gevra om vir
Denzel Washington (64) het aanhangers gevra om vir hom skoon onderklere te stuur nadat hy syne by die huis vergeet het. Foto: Gallo Images/Getty Images

Hy het dit toe self gaan koop, al was dit belaglik duur, soos hy later in Kiss FM se Breakfast Show gekla het: “Alles wat ek dra, is gratis, maar ek het vir my onderklere betaal, en dit was te duur. Dis waar. Ek het op dié toer gekom en my onderklere vergeet,” het hy laat hoor.

Die onderbroeke het hom glo €32 uit die sak gejaag.

Veganiste vir altyd

Beyoncé het aanhangers beloof hulle kan vir die res van hul lewe gratis kaartjies na haar en Jay-Z se konserte kry mits hulle veganiste word.

Sy het ’n foto op Instagram gedeel van haar Greenprint, wat wys hoe sy haar koolstofvoetspoor verminder. Dit maak deel uit van die Greenprint Project, geesteskind van Bey se afrigter, Marco Borges.

Die 37-jarige ster het gesê haar Greenprint behels ’n plantgegronde ontbyt en vleislose Maandae.

Sal ons ons gunstelingkosse vaarwel toeroep net om Queen B in aksie te sien wanneer ons wil. Dalk is dit tog iets om te oorweeg.

Borsinplantings vir 'n kussing

Norman Reedus (50) het ’n obsessie met aanhangers se borsinplantings.

“Ek wil bors­inplantings versamel,” het die ster van The Walk­ing Dead aan Entertainment Weekly gesê.

“Ek wil bors­inplantings versamel,” het die ster v
“Ek wil bors­inplantings versamel,” het die ster van The Walk­ing Dead aan Entertainment Weekly gesê. Foto: Gallo Images/Getty Images

“Ek gaan dit uit al die vroue se liggame haal en ’n reusehoop maak en my kop daarop neerlê. Ja, stuur nog borsinplantings,” was sy vreemde versoek.

Piesangs

Chrissy Teigen het vir haar meer as 10 miljoen Twitter-aanhangers ses bruin piesangs ?gevra in ruil vir haar kookboek met haar handtekening, haar man, John Legend (40), se onderklere en ’n oogskadupalet.

Chrissy Teigen se vreemde versoek het binne 'n uur
Chrissy Teigen se vreemde versoek het binne 'n uur resultate gelewer. Foto: Gallo Images/Getty Images

Hulle het toe nie op hulle laat wag nie en binne ’n uur het Chrissy (33) haar oorryp piesangs gehad.

Miljoenêr, maar soek geld

Selfs geswore aanhangers van seunsgroepe weet waar om die streep te trek.

Zayn Malik (26) het sy aanhangers gevra om geld te
Zayn Malik (26) het sy aanhangers gevra om geld te skenk vir sy ma, Trisha, se beste vriendin se kanker­behandeling. Foto: Gallo Images/Getty Images

Toe Zayn Malik (26) vir aanhangers vra om geld te skenk vir sy ma, Trisha, se beste vriendin se kanker­behandeling, het hulle gereken dis te veel gevra. “Is jy nie soort van ’n miljoenêr nie?” wou een weet.

Beroof die tandemuis

Die sangeres Kesha (31) het haar aanhangers vir – van alle dinge – menstande gevra.

Jy sal nie glo wat die sangeres met menstande wil
Jy sal nie glo wat die sangeres met menstande wil doen nie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Daarmee wou sy ’n bra, kopstuk en oorbelle maak. Sy het toe sowaar meer as 1 000 ontvang. Sy het glo met die projek begin om nader aan haar aanhangers te voel. Binne bytafstand, kan jy maar sê.

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, POPSUGAR.COM, NICKISWIFT.COM, RANKER.COM, HUFFINGTONPOST.COM