Sy gaan vir die eerste keer in sowat 10 jaar weer op die verhoog toneelspeel wanneer sy van 27 tot 30 Junie op die Innibos-kunstefees in Mbombela in Antie Pohl te sien sal wees.

In dié toneelstuk behartig haar karakter, Antie Pohl, ’n tydskrif se raadgeerubriek.

Cobus Venter. Foto: Verskaf.

Sy beantwoord lesers se persoonlike vrae en gee raad “oor verskille in verhoudings en verskillende persoonlikhede wat soos antipole mekaar kan aantrek of ná jare se sewe sakke sout mekaar kan wegstoot”, vertel Sorina.

Neels, Cobus en Sorina deel ’n ligte oomblik agter die skerms. Foto: Verskaf.

“Soos die slagspreuk sê, opposites attract, want die waaghals is met die bangbroek getroud, die babbelbek met die stil een, die netjiese is aangetrokke tot die slordige en die koue vis tot die warmbloedige lyf.”

Die raad wat Antie Pohl gee, word dan uitgespeel met komiese gevolge.

Die regisseur, Neels ­Clasen, en Sorina bestudeer die voorkoms van een van haar karakters. Foto: Verskaf.

Buiten Antie Pohl speel Sorina nege ander karakters, terwyl Cobus Venter, Ferdi van Binnelanders, ook 10 karakters speel.

Sorina sê sy is dankbaar om teenoor ’n gesoute verhoogakteur soos Cobus te kan speel. “Wanneer ek nie vir hom lag nie, leer ek baie by hom.”