Dis weg met die donker hare vir Bobby van Jaarsveld – en nou spog die gewilde sanger met ’n kaalkop om weer weldra sy blonde hare terug te kry. 

Bobby het vroeër vanjaar sy hare bruin gekleur vir die rol van Rossouw, wat hy in die kykNET-sitkom Mense Mense speel.

Die Laaste aand van 30 vir my ?? Dis Goed om weer terug by die huis te wees na 7 weke se skiet aan #MenseMense Thanks @garyromhair vir die "nuwe" hare fix. @_yde_ #yde #home

A post shared by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on

Al het hy al vantevore sy lyf akteur gehou in flieks soos As Jy Sing en Liefling, is dit die eerste keer dat hy ’n hoofrol op die kassie losgeslaan het. En daarmee saam het ’n gedaanteverwisseling gekom!

Hy het Dinsdag ’n foto van sy besoek aan die haarsalon gedeel en sy hopie afgeskeerde hare op die vloer afgeneem.

“So dit het nou net gebeur, ná maande se probeer om my hare weer terug te kry soos wat dit voorheen was. Ek moes dit kleur vir ’n rol in ’n sitkom en dit was die enigste opsie wat ek oorgehad het,” het hy by die foto geskryf.

Hy reken die gedaantewisseling simboliseer ook 'n nuwe begin.

Bobby het nog nie ’n foto van sy nuwe voorkoms gedeel nie, maar wel ’n foto waar dit onder ’n pet versteek is toe hy Woensdagoggend die gimnasium besoek het.

“So moet ’n man sonder hare mos in die winter sweet,” het hy by die foto geskryf.

So moet ñ man sonder hare mos sweet in die winter.

A post shared by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on

Hy is nie die enigste Van Jaarsveld wat vandeesweek die haarsalon besoek het nie.

Bobby se ewe gewilde suster, die sangeres Karlien van Jaarsveld, het haar lang, blonde hare onlangs vir ’n korter kapsel verruil. En nou het sy ook die platinumblonde kleur daarvan effens donkerde laat kleur. Kyk net hier: