Terwyl die meeste vroue dit verkies om die begin van hul kraamverlof aan die laaste voorbereidings vir hul baba af te staan, het die hertogin haar deel vir die liefdadigheidsorganisasie Smart Works gedoen.

Op ’n reeks foto’s wat op die Sussex Royal Instagramblad gedeel is, kry koninklike aanhangers ’n kykie van Meghan se rol by die organisasie sonder winsoogmerk terwyl sy Archie verwag het.

Die byskrif toon die 37-jarige ma het die organisasie gehelp om vroue met die vaardighede en klere toe te rus wat hulle nodig het om werkgereed te voel.

Kyk hier na foto's van die hertogin aan die werk tydens haar kraamverlof.
View this post on Instagram

Spotlight on: Smart Works We are proud to be supporting a very special initiative this autumn for @SmartWorksCharity! After quiet visits to Smartworks over the last year, The Duchess was moved by the impactful work being done by this non profit organisation that helps women into the workforce, equipping them with both the skills and clothes they need to feel job-ready. Throughout her visits she noticed that while the donations were plentiful, they were also notably a combination of mismatched items and colours which weren’t always the right stylistic choices or sizes that didn’t necessarily “suit” the job at hand: to make a woman feel confident and inspired as she walked into her job interview. As a result, launching this autumn, The Duchess will be supporting a collective to help equip the women of Smart Works with the key workwear essentials they need as they enter into the workplace. This initiative is supported by four generous brands who share the vision to empower the women of Smart Works to look and feel ?? as they bravely venture in to what can often be a daunting environment for those who have been out of the job market. The brands have come together to work towards this united force for good, “[reframing] the idea of charity as community,” as The Duchess writes in a piece for this month’s British Vogue. They will follow the 1:1 model where an item from the collection purchased is an item shared with a woman of Smart Works because “not only does this allow us to be part of each other’s story; it reminds us we are in it together.” For more information on how you can be part of another woman’s success story visit @smartworkscharity. Special thanks to: @JohnLewisandPartners, @MarksandSpencer, @MishaNonoo, @InsideJigsaw for supporting this very special organisation. And to find out more, read the September issue of @BritishVogue and stay tuned for more exciting updates this autumn. Photo©?SussexRoyal

A post shared by The Duke and Duchess of Sussex (@sussexroyal) on

Meghan en Vogue

Om dit ’n stap verder te voer sal die voormalige Suits-aktrise, wat die gasredakteur vir die September-uitgawe van die Britse Vogue was, ook met handelsmerke saamwerk om haar eie klerereeks bekend te stel.

“Die hertogin sal ’n groep ondersteun om die vroue van Smart Works met die belangrikste werkdragnoodsaaklikhede te help toerus wat hulle nodig het wanneer hulle die werkplek betree.”

Meghan het verkies om nie op die glanstydskrif se voorblad te verskyn nie. Sy het ’n indrukwekkende groep van 15 inspirerende vroue geïdentifiseer wat die toon aangee in hul onderskeie velde van ervaring om daardie voorreg te geniet.

Voorbladgesigte

Een van die vroue op die voorblad is Jacinda Ardern, Nieu-Seeland se baanbreker-eerste minister wat wêreldwyd hoog aangeslaan word.

Ook die aktrises Salma Hayek Pinault, Jane Fonda en Laverne Cox vorm deel van die uitgelese vroue wat elk op hul eie 'n kragtoer lewer vir die veldtogte wat deur hulle gesteun en bevorder word.

Bronne: eonline.com, vogue.co.za

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.