Talle mense meen die voormalige Suits-aktrise Meghan Markle (36) se Givenchy-trourok waarmee sy op 19 Mei voor die kansel gestaan het, was te groot, en hulle bespiegel nou dat sy reeds met haar troue swanger was met haar en prins Harry (33) se eersteling. 

Foto: Gallo Images/Getty Images

Die rok wat Meghan Woensdag by haar eerste koninklike pligte gedra het by prins Charles se 70ste verjaardagvieringe by Buckinghampaleis was ook effens aan die groot kant, wys sommige aanlyn uit. 

Foto: Gallo Images/Getty Images

Die gissinge kom nadat aanhangers agtergekom het hoe prins Harry en Meghan gegiggel het toe die hoof van die Windsor-gemeente na die huwelik verwys het as "die fondament van 'n gesin waarin kinders gebore en versorg word". Die bruidspaar het na mekaar gekyk en geglimlag toe hulle die woorde hoor. 

Foto: Getty Images/Gallo Images

En natuurlik het Twitter dadelik reageer!

Harry en Meghan het reeds in hul eerste onderhoud as verloofde paartjie gesê dat hulle kort ná die troue ’n gesin wil begin. 

Toe daar gevra word of hulle kinders wil hê, het Harry dadelik geantwoord. "Natuurlik, een ding op ’n slag. Hopelik in die nabye toekoms." En Meghan het haar kop instemmend geknik. 

Meghan het in 2016, kort nadat sy en Harry begin uitgaan het, met Lifestyle Magazine gepraat oor moederskap en haar loopbaan.

"Ek droom daarvan om ’n gesin te hê. Dit is alles oor balans, en ek is bevoorreg om die wêreld en wonderlike dinge te sien, maar dit sal ook lekker wees om terselfdetyd aan iets geanker te wees. Om ’n gesin te hê sal ’n wonderlike deel daarvan wees."

Ons sal maar moet wag en sien of daar binnekort ’n aankondiging gemaak word!

Bronne: Twitter, Lifestyle Magazine, Cheatsheet.com, Instyle.com, Harpers Bazaar