Almal het hul gunstelingkoninklike, maar met so baie geheimhouding is dit moeilik om hulle te leer ken en te sien watter soort mens hulle werklik is.

Maar sommige koninklikes het hul eie sosialemedia-rekenings, berig die Mirror.

Ons het ’n lys saamgestel van koninklikes wat jy in die sosiale media kan kry. 

Sarah Ferguson

Sarah Ferguson (58), die eksvrou van prins Andrew (58), is op Instagram (@sarahferguson15). 

Sy gebruik haar rekening om mense oor haar persoonlike geleenthede en liefdadigheidswerk in te lig, en deel ook oulike kiekies van haar familie. 

Happy Birthday Tangito!! Miss you my bruvaaaaagh xx

A post shared by Sarah Ferguson (@sarahferguson15) on

Lady Kitty Spencer

Die 27-jarige, wat prinses Diana se broerskind is, is ook op Instagram (@kitty.spencer), berig Marie Claire.  

Nie net is sy op Instagram nie; sy het ook in Februarie vanjaar by hul Secret & Diamonds-vertoning vir Dolce and Gabbana gemodelleer.

Prinses Eugenie

Anders as baie ander koninklikes het die 28-jarige ’n oop Instagram-rekening,  @princesseugenie. Die prinses plaas graag oulike foto’s uit vorige jare met skreeusnaakse byskrifte daarby.  

Eugenie het ook onlangs ’n oulike Instagram-plasing gedeel waarin sy haar ouer suster, prinses Beatrice, ’n gelukkige 30ste verjaardag toewens, berig HELLO!

“Gelukkige 30ste verjaardag vir jou, Beatrice . . . Wat ’n wonderlike suster is jy en ons is baie trots op die mens wat jy geword het!” skryf sy by haar plasing. 

Die koninklike familie het prinses Beatrice ook op hul Twitter-blad, @RoyalFamily, met haar verjaardag gelukgewens. 

Koningin Rania van Jordanië

Koningin Rania, wat vir haar onberispelike modesin bekend is, spog met meer as 4,7 miljoen volgelinge op Instagram

Die 47-jarige se blad is vol kiekies van haar en haar gesin en werkgeleenthede wat sy bywoon. 

Bronne: Mirror, Marie Claire, Hello