Rachel (48) en Daniel (50) is glo in die wolke met die dogtertjie se geboorte.

Dit is hul eerste kind saam nadat die paartjie in 2011 getroud is.

Rachel het ’n seun, Henry (12), uit ’n verhouding met haar destydse verloofde, Darren Aronofsky, en Daniel se dogter Ella (26) deel hy met sy eksvrou Fiona Loudon.

Rachel het in April tydens ’n onderhoud met die New York Times gesê sy en Daniel is baie opgewonde oor die babatjie se koms. Sy het ook gesê hulle wil nie vooraf weet wat die nuweling se geslag is nie en wou dit as ’n verrassing behou.

“Ons gaan ’n klein mensie hê en ons kan nie wag om hom of haar te ontmoet nie. Dis alles net so misterieus.”

Rachel het gesê tot waar sy met die Bond-ster deurmekaar geraak het, was trouplanne die laaste op haar lysie. Sy glo sy kon eers werklike vreugde ervaar nadat sy meer volwasse geword het.

“Ek kon nie romantiese komedies verstaan nie want dit het gelyk asof die uitsluitlike doel daarvan is om te trou. Maar toe gebeur dit net, gelukkig, op ’n meer volwasse oomblik (vir my).”

En Daniel?

Die 25ste Bond-fliek sal in alle waarskynlikheid vanaf November 2019 in teaters te sien wees en Daniel het tot kort voor die aanvang van die fliek nog sy aanhangers laat gis of hy wél weer die rol van die sjarmante spioen gaan vertolk.

Hardnekkige gerugte bly egter opduik dat die fliek eers later vrygestel mag word. Maar vir sommige Bond-aanhangers is daar ook ’n liggie in die tonnel; dat hul held wel eers tyd gaan kry om met sy nuwe baba deur te bring.

Bronne: metro.co.uk, nytimes.com, dailymail.co.uk, express.co.uk, hollywoodlife.com