Die glansgeleentheid het Saterdag by die Table Bay-hotel in Kaapstad plaasgevind.

Die beeldskone Shudufhadzo het die beoordeelaars behoorlik uitgeboul met haar natuurlike sjarme en skoonheid. Sy kom oorspronklik van Ha-Masia in Venda in die Limpopo-provinsie.

View this post on Instagram

MISS SOUTH AFRICA 2020! @shudufhadzomusida She is ready to face her power and embrace her future ! #misssa2020 2020

A post shared by Miss South Africa (@official_misssa) on

Sy woon tans in Johannesburg waar sy besig is met haar BA-honneursgraad in internasionale betrekkinge aan die Universiteit van die Witwatersrand. 

Shudufhadzo, wat by die 62ste Mej. Suid-Afrika-kompetisie as die wenner aangewys is en die leisels by Sasha-Lee Olivier oorneem, stap nie net met die Buhle-kroon weg nie, maar wen ook pryse ter waarde R3 miljoen. Hieronder is R1 miljoen in kontant.

Shudufhadzo is passievol oor geestesgesondheid en as nuwe Mej. SA sal dit haar missie wees om  bewustheid te skep rondom die belangrikheid van geestesgesondheid onder vroue in Suid-Afrika.  

Thato Mosehle (25), 'n mediese dokter van Klerksdorp in Noordwes, is as die naaswenner aangewys, terwyl Natasha Joubert (23) die derde plek behaal het. Natasha kom oorspronklik van Centurion in Gauteng en is 'n skakelbeampte by 'n prokureursfirma.

Al drie vroue gaan Suid-Afrika by internasionale kompetisies verteenwoordig - Mej. Wêreld, Mej. Heelal en Mej. Supranasionaal.

Baie geluk!