Wayne Parnell, die Suid-Afrikaanse krieketspeler, en sy vrou, die modeblogger Aisha Baker, het ’n babaseuntjie verwelkom. 

’n Amptelike verklaring, uitgereik deur Aisha se verteenwoordiger, lui dat die tweetjies, wat vir die eerste keer ouers geword het, opgewonde is oor hierdie nuwe hoofstuk in hul lewe.

“Hulle voel besonder geseënd en is opgewonde oor die nuwe toevoeging tot hul gesin. Dit is die paartjie se eerste kind, en hulle kan nie wag om met hierdie nuwe hoofstuk in hul lewe te begin nie.”

Aisha het ook op haar Instagram-bladsy die nuus gedeel dat dit goed gaan met haar en die klein kampioentjie. Daarna het sy almal bedank vir hul goeie wense.

“Mashallah, my pragtige seuntjie, is vandag gebore. Dit gaan goed met ons albei. Dankie vir al die gebede en goeie wense.”

Preggopotamus ???????

A post shared by Aisha Baker (@bakedonline) on

Wayne het ook sy Instagram-bladsy ingespan om sy seun te verwelkom. Hy het ’n foto van hom, waarop hy merkbaar moeg lyk, opgelaai met die byskrif:

“Ek lê langs mamma en baba Parny op die bed en is superdankbaar dat alles vandag taamlik glad verloop het, dit is al die uitputting werd.”

Aisha het haar swangerskap in Januarie op Instagram aangemeld met die oulike aanmerking: “En toe was daar drie.”

Klein P, soos sy trotse pa hom reeds noem, sal ongetwyfeld net so stylvol wees soos sy byderwetse ouers.

Baie geluk aan die trotse paartjie!