Aletté en Heinz het die groot nuus met Huisgenoot gedeel nadat hulle dit vier weke lank stil gehou het. 

Die paartjie het alreeds drie seuntjies Lian (9), Simeon (7) en Reuben (5). 

Aletté het voorheen aan Huisgenoot vertel sy het ook jare gelede, voor hul oudste seuntjies, se geboorte ’n miskraam gehad.

Oor baba no. 4 sê sy: “Ons het eers vier weke gelede uitgevind, maar ek is reeds agt en ’n half weke swanger.” 

Al het Heinz nog altyd geweet hulle gaan nog ’n kind hê, sê Aletté sy is steeds geskok en het nooit gedink sy sal nog ’n baba op 40 hê nie.

Die baba gaan op 20 Januarie sy of haar opwagting maak. Dit is net twee weke voor Aletté se 40ste verjaardag.

En wil sy ’n seuntjie of dogtertjie hê?

“Ons het ’n beeld van die Here gekry dat ons drie seuntjies en ’n dogtertjie gaan hê, maar ek gee nie regtig om nie. Ek wil net ’n gesonde baba hê,” sê sy.

Die voorkomskonsultant het ook die groot nuus met hul Instagram-volgelinge gedeel.

“Om ’n vierde swangerskap te probeer wegsteek, is soos om ’n hondjie op ’n vliegtuig te sluip. Heeltemal onmoontlik. Ons wou aanvanklik 4 hê..toe het ons 1 en 2 en 3 (hoewel ons al gehoor het ons sal sukkel om kinders te hê). Hoewel dit in my kop was dat ons klaar is, het ek in my hart geweet dat vier kinders oor ons lewens geskryf is! Die baba gaan twee weke voor my 40ste verjaardag sy of haar opwagting maak….praat van ’n oorstoot drie in beseringstyd,’ skryf sy. 

Die gelukwensinge het later ingestroom. 

“Baie baie baie geluk,” skryf die model Marciel Hopkins. 

“Wow, dis fantastiese nuus. Dis nou ’n awesome geskenk vir jou 40ste,” het nog een van haar volgelinge laat hoor. 

Die ma van drie het ook later ’n video gedeel van toe sy die groot nuus aan Heinz en haar seuntjies oordra. 

Trane van blydskap het geloop oor ma en pa se wange en die boeties was net so bly. 

Daar kan ook gehoor word hoe hul jongste seuntjie, Reuben, sê hy hoop hy kan ’n bababoetie en -sussie kry. 

“Die seuns wil beslis ’n sussie hê,” sê sy opgewonde.

“Ek huil sommer saam,” het die TV-en radiopersoonlikheid Elana Afrika-Bredenkamp laat hoor. 

“Die kinders se gesiggies is priceless. Soveel vreugde,” sê nog een van haar 20 3000 Instagram-volgelinge.

Aletté sê dat haar ouers en skoonouers het die nuus ook baie goed hanteer.

Al was hulle bietjie geskok omdat niemand dit verwag het nie is hulle baie bly oor hul nuwe kleinkind se koms.

Baie geluk julle twee!