Dis amptelik. Baba no. 4 is toe ’n dogtertjie.

Die egpaar het verlede maand die nuus met Huisgenoot gedeel dat daar een van die dae nog ’n pienkvoet in die huis gaan wees. 


Heinz en Aletté woon deesdae in Somerset-Wes en het reeds drie seuntjies Lian (9), Simeon (7) en Reuben (5). 

Aletté het voorheen aan Huisgenoot vertel dat die seuns beslis ’n sussie wil hê en dit lyk asof hul wens waar geword het. 

Die voorkomskonsultant het regstreeks op Instagram die nuus met haar 22 500 Instagram-volgelinge gedeel.

Die seuntjies juig en ma en pa is skoon in trane oor hierdie goeie nuus. 

Aletté het voorheen aan Huisgenoot vertel dat Heinz nog altyd geweet het hulle gaan nog ’n baba hê. 

“Ek het net nooit gedink dat ek op 40 nog ’n baba sal hê nie,” het sy nog vertel.

Die kleinding sal na verwagting haar opwagting in Januarie 2020 maak. Dis net twee weke voor Aletté se 40ste verjaardag.