Cardi B

Cardi B
Foto: Gallo Images/Getty Images

Behandeling: Pruike en naels

Prys: R 15 700 per week

Cardi B (26) se glansryke voorkoms kos haar ’n groot klomp geld.

Die Bodak Yellow-rapper het onlangs gesê sy betaal sowat R14 000 vir ’n pruik, terwyl ’n stel blink naels deur haar gunstelinghandeversorger, Jenny Bui van New York, jou so- wat R1 400 uit die sak sal jaag.

En sy verander elke week van hare en naels . . .

Jennifer Lopez

Jennifer Lopez
Foto: Gallo Images/Getty Images

Behandeling: Plasentagesigbehandeling

Prys: Sowat R17 000

Die 49-jarige sangeres se gloeiende vel is te danke aan ’n peperduur weeklikse gesigbehandeling – en dit met menslike plasenta! Al klink dit grillerig, is plasenta ryk aan vitamiene en proteïene wat glo velvernuwing aanhelp.

Madonna 

Madonna
Foto: Gallo Images/Getty Images

Behandeling: Teenselluliettoestel

Prys: Sowat R1,4 miljoen

Al gewonder hoe Madge dit regkry om 60 so goed te laat lyk?

Die sangeres het glo ’n teensellulietmasjien teen sowat R1,4 miljoen aangeskaf.

Dit gebruik akoestiesegolfterapie om kuiltjies in die vel uit te stryk.

Rihanna 

Foto: Gallo Images/Getty Images
Yusef Williams
Yusef Williams Foto: Gallo Images/Getty Images

Behandeling: Hare

Prys: Sowat R18,5 miljoen per jaar

Rih (30) word selde twee keer met dieselfde haarstyl gesien. Dié sangeres en skoonheidsentrepreneur betaal haar haarstilis, Yusef Williams, R366 000 per week om byderhand te wees.

Celine Dion 

Celine Dion
Foto: Gallo Images/Getty Images

Behandeling: Bevogtiger

Prys: Sowat R35,7 miljoen

Toe die Kanadese sangeres (50) haar multimiljoendollarkonsertreeks in Las Vegas losslaan, het sy gevra ’n bevogtiger moet in haar hotelkamer ingebou word.

In die droë klimaat moet dit haar stembande warm en haar vel vogtig hou.

Serena Williams 

Selena Williams
Foto: Gallo Images/Getty Images

Behandeling: Evianbad

Prys: Sowat R90 000

Serena (37) was die eerste mens wat die duurste bad ter wêreld geniet het. Vir haar Evian Experience by die Hotel Victor in haar tuisstad, Miami, is 1 000 L fonteinwater gebruik en dit het spabehandelings ingesluit.

Praat van in styl bad . . .

Bronne: Harpersbazaar.com.au, Celebrityinsider.org, Stuff.co.nz, FashionMagazine.com